Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Die hart van die jeugleier
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
    • Verslesse
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • Lakie spaar water
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Oorlopers
  • Kersfees op Wonderfontein
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Toonsettings
    • Diereverhale uit Afrika
    • Oes uit Tranesaad
    • Pedale van papier
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012 >
      • Gerrie Terblanche
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Karlien van der Merwe
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Nini Bennett
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Kabous
    • Lucie Moller
    • Jana Coetzee
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Leespleisters
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • Charl-Pierre Naudé

Sien die omie anders dan begin hy sommer huil.

Kry jou boeke by Rosslyn-Pers of by Erna Jo!


http://www.blootstydskrif.com/erna-jos.html 
Picture

Karlien van der Merwe. Sy is al etlike jare in die versklas, waartydens haar roman Lucas, die bundel Ars poetica en nou ook die bundel Lien in wonderland verskyn. Gedigte van haar is in Nuwe stemme opgeneem en sy het by Digsange I opgetree.

Poësie?
die dood is 'n afglansing vir die lewe:
wanneer die spieël breek kom die tyd van onbevangenheid

- Breyten Breytenbach: "vuur op die maan", Oorblyfsels: 'n roudig, 1997
   
Onthou wat Mahler (komponis, direkteur van die Weense Staatsopera) gesê het: tradisie is slordigheid. Daar is baie mense wat vir jou sal sê wat die poësie is. Party het 'n bepaalde modelteks in die gedagte. Dit blyk uit hulle kritiek, voorkeure, en eie praktyk. Hoe ruimer die moontlikhede, hoe geredeliker sal goeie nuwe verse (en dinge soos Dwaalstories of Klipwerk) waarskynlik in eie reg ontvang word.
                        ***
   
 Nie alle gedigte laat alle vertolkings toe nie; dis 'n kwessie van verdraagsaamheid.  
"Mabalel" laat nie toe dat dit as 'n vro-like verlowing gelees word nie. Tensy jy dit geweld aandoen en die man die krokodil maak. Dan is dit nog steeds sinister. Susan Sontag meen ons moet in elk geval "against interpretation" wees.

                                   ***
Die Dertigers het (volgens Digters van Dertig, DJ Opperman se proefskrif) besluit om nie oor temas te skryf nie. Eliot beweer dat die tema iets is wat die vlak brein van die leser besig hou terwyl die gedig andersyds aan hom te werk gaan. (Hy praat net van mans.) Brooks en Warren het  'n tema beskou as iets wat voortblom uit die hele proses van die gedig.

Picture

Heidi Pienaar (Papadopolous) se verse is in Nuwe stemme 2010 opgeneem, soos ook dié van Karlien van der Merwe en Jan du Plessis, almal studente by die Versklas. Almal is mense wat klaar skryf, en kom hoor hoe die gedigte anders kan klink, met konsekwensies!
                                    ***
Ene G. Adé (in Nederland) wys daarop dat die literatuur hom soms laat herken aan vreemde taalgebruik, maar hom nooit daartoe laat reduseer nie. Daarmee word 'n lang en moeisame gesprek en dilemma potensieel gesluit. Roman Jakobson en talle na hom het probeer wegkom met die teorie dat die literatuur formeel onderskeibaar is van ander (geskrewe) taalgebruik. Iets soos die "poëtiese funksie" van taal is ook al genoem "literaturnost", asof daar 'n gebied van die werklikheid is wat herkenbaar literêr is.
die swart klip waar jou vuur was
is byna dood gereën
hierdie grond was nie gekoop nie
sommer maar geleen
(Van  Wyk Louw, uit "Klipwerk", Nuwe verse 1954).

Hierdie gedig ontken of bevraagteken die sg. noodsaak van ingewikkelde denke, simboliek of verwysing in die poësie. Dis "verbandloos" soos trouens elke greep uit "Klipwerk", 'n liefdesgedig van Sappho,  (uitspraak: sap-fo) of uitroep van 'n blues-sanger soos Leadbelly. Luister hoe leen hierdie vers hom tot 'n rock-ritme! Daar is wel vrae by die konstrueer van betekenis. Was die klip altyd swart? Is dit swart van die geliefde (?) se vuur?  Is die vuur of die klip dood gereën? Is die klip en vuur en grond (en reën) alles ook figuurlik te beskou? Sou dit kon gaan oor 'n plaas, 'n volk? Waarvan die grond (terug-) gevat kan word want dis geleen? Hierdie grond was nie gekoop nie. Die gedig het soveel onmiddellikheid dat hy werk. Eenvoud. Spreektaal.
  

Dan die dowwe smak
en vroue wat in pelse loop
.
(Opperman, "Robbeslaners", Dolosse, 1963)

Les 1
Hoe is hy noudat hy geskryf is? Dis 'n baie belangrike vraag oor 'n gedig of enige teks wat literêr gelees of beskou word. Dan vergeet ons van sy oorsprong, wording, moontlike tydsgees, ideologie. Dis alles tog denkbeelde, ten beste spekulatief en te algemeen om presies op 'n enkelgedig te pas. En die gedig het 'n "gevormde betekenis" (D.H. Rawlinson), ook in klank, wat sy bestaan uitmaak. Dan is 'n gedig by magte om in eie reg belangrik te wees, sonder dat hy "groot" idees, stellings, gedinge of gebeure aanroer. (Kannemeyer sê dit ook, van Marais se "Die dans van die reën".) Andersyds verwag mens dat dit "meer as 'n gemeenplaas gaan/kan lewer" (Ampie Coetzee). Beelding, bou, klank, taalgebruik kan seker ook effekte hê en betekenis laat konstrueer wat "belangrik" is, soos in die skilderkuns 'n stillewe. Wat van "Wordende naakt" van Van Wyk Louw (Tristia)? Dalk is daar in die kuns ander "belangrikhede" en "grootshede" as dit wat in die staatsleer, geskiedenis en ander geesteswetenskappe geld. Soos: "toe 'n stil vroeë water/ voor vis of net/ tot die eerste wit kiem/ geëtter het"

Party "eenheidsbundels" was al super-suksesvol, soos Opperman se Blom en baaierd. Ander hoef nie te "klop" nie. Gert Vlok Nel bv. nie. Rosa Smit nie. Ons soek nie "ryme van logici" nie  (ook Van Wyk Louw: daar is baie waarde in sy laaste werk oor die literatuur, Rondom eie werk). Baie van sy prosa is literêr-teoreties vir die digter (skrywer) geweldig belangrik. Dit sal o.a. verhoed dat jy wegdwaal na geesteswetenskaplikheid vanaf die onmiddellikheid van die kunswerk.
Die rose hang verlep 

langs al die portrette teen my mure,
met toutjies vas
toe dit nog geurig en vol kleure was.
Ons wou vrolike bont reuksakkies
met strikkies maak, geparfumeerde olies
op stoepe uitdra en oor al die kussings strooi
waar gaste gesprekke soos klossies tossels
tussen vingers kam en vlas.
Ons wou nog.

Gerda Fourie
(Skrywer van Lywe wat losgekom het).

Skryfkonvensies
Dis seker 'n minimum-vereiste dat 'n skrywer die taal goed ken waarin geskryf word, pal goed byleer, gevoelig is, verwante en ouer vorme (soos Nederlands, 17e-eeuse en Middelnederlands) lees en raaklees. Dat woordherkomste (etimologie) raakgesien en nageslaan word.  Die taalkunde verken word, ook t.o.v. taalklank, pouses, rekking, klemme. En uiteraard sal sy sorg dat titels nie vol hoofletters sit nie, boektitels wel kursief gedruk word, ens.
Tensy dit nodig is. John Drury se Poetry Dictionary: die enigste reël is dat dit moet werk.

Les 2: Die rose hang verlep
Hierdie gedig val met die deur in die huis, vestig die moontlikheid van 'n haastige, berouvolle, afgerammelde "vertelling". (Die titel loop naamlik oor in die 1e reël.)  
     Onthou, 'n manier van skryf, ook t.o.v. reël en strofe, gaan nie noodwendig altyd dieselfde effek hê nie. Anders sou mens net soos 'n argitek hier 'n boom en daar 'n kerk kon inplak en die gedig voltrek. Kyk na ander gedigte waarvan die titel as eerste reël optree, en probeer vasstel wat die effek is op die moontlikheid van betekenis-konstruksie en op die stemtoon. 
     Die ritme word reeds gevestig met die nogal elegiese en "poëtiese" (amper Weense vioolbegeleide) titel met sy finaliteit. Let op hoe daar, teenoor die ontnugterde klank van die titel, 'n oplewing kom by klankverwante woorde soos klossies, olies, tossels, kussings. Ook op die herhaling van "ons wou". Nou is by die portrette (met mure en vas altwee aanduidings van gevangenskap) ook goed uit 'n tyd toe die rose geurig en vol kleure was. Soos ons. Spyt.
Niks ideologies of spesifiek "Afrikaans" nie. Formeel self-gedrewe; ons het nog niks eers gesê oor die uitgange van die reëls nie.
Daar is al soveel kwytgeraak oor historisiteit dat vergeet kan word dat tekste wat almal dieselfde ideologie (ens.) "verdra", van uiteenlopende kwaliteit kan wees. Dat alle tekste nie die konstrueer van daardie soort "betekenis" verdra nie. Dat onmiddellikheid in terme van die teks veel groter as  blote "historisiteit" is. Dalk is dit die geval dat waar in 'n gedig, roman of drama (maar ook film, gebed, advertensie, sepie, ens.) die historiese bewustheid so skerp is dat 'n nuwe geskiedenis eintlik daar gesmee word, dit gebeur omdat dit so onmiddellik konkreet is. Onthou die paddas in die tuine.

Les 3: Regte paddas in verbeelde tuine
Dis die Amerikaanse digter Marianne Moore se "definisie" (in 'n gedig) van die poësie. Onthou om nie alles wat in 'n vers voorkom, sonder meer as die digter se menings, gevoelens, ens. te beskou nie. Eerder dié van 'n spreker in 'n drama wat nog ontvou. Wat die paddas-omskrywing van Moore sou kon beteken, is veral dat die mense, paddas, plekke, reuke, tekstuur, klanke, so konkreet en spesifiek moontlik moet wees. Dan het jy iets wat die leser kan raak, aangryp, wakker maak. Abstrakte woorde ("liefde, my self, ons nag, ens.") doen dit nie. Plekname wel; kleure. Besonderhede soos 'n bruin sigaret, groen sokkies. Let op die presiesheid van waarneming (of verbeelding!) in Karlien van der Merwe se gedig "Vingerklik terugblik" hiernaas. Dit kom uit haar pas verskene (tweede) bundel Lien in Wonderland, wat  by die Pierneef-teater vrygestel is. Dis wêreldver van die GLP (gemoedelik-lokale poësie) wat so baie geskryf word, met telkens die digter as spreker wat eie "private yke" verhef tot versugting en die "efemere wil verewig" sonder ooit intensiteit, afgrond of selfs drama.

***
Daar is party keurders by uitgewerye wat gedigte verwerp omdat dit sg. "te geil" of "te swoel" is. Die teenvraag sou wees: waarvoor? Het party gedigte nie juis nodig om oordadig, baldadig en hiperversier te wees nie? Moet alles "ontdaan" en strak wees? Dit klink of hulle vashaak by 'n modelteks uit Dolosse of 'n ander bundel van Opperman, 'n model wat lieflik is in eie reg, maar geabstraheer nie Lucebert, Breytenbach, Rosa of Dylan Thomas se "ruimte van het volledig leven" kan hanteer nie. Daar steek dikwels ander vrese uit by die kritici wat altyd orde, herhaling, eenheid en logika en regulasie vra. Dat hulle bang is dit is dalk regtig soms "kinderspel" (Lucebert), dat figure soos Blum, Neruda en Antjie Krog kan meedoen. En Pasternak. Rock-sangers, randfigure, andersdenkendes!

Vingerklik terugblik
As 'n mens met 'n vingerklik die plek kon tuck en nip:
leë stasiehuise waar mossietjirpe
tussen dakbalke vingerbord speel
(destyds is 'n plaaskind nie eintlik oor die spoor losgelaat nie)
sou ek graag net één dag hier wou omverveel en
versiersuikerrosies op gifgroen mandjieskoek
met tannie Hitge wou spoeglym en marsipein
in 'n kombuisvol Camel rook op 'n gekraakte oliekleedjie.

Pienk en kanariegeel knoppiesrooskoek vir die basaartafel
of vir Dominee se huisbesoek.
Dis skielik belangrik om te weet of die tannie ook soms lag
as niemand sien nie.
Die kleintjie huil in die agterkamer en wag
op moedersmelk wat dunnerig ge-Protaslim is:
 soveel skoppies op 'n bruisie kalkerige kraanwater
om te vergoed vir vingerlek en tekstuurproe.

Skielik is haar kyk onder die fyn potloodlyn belangrik:
ek wil haar oë in haar buurvrou s'n sien op lag.
Eers dan klik ons twee die dag dig
in die koekblik met die bedelhondjie op die deksel.

Alles ruik die ene lemmetjiesgeur.

Dit lyk of groepsdenke (wat leef in denkbeelde soos Kurt Vonnegut se "granfalloons") ewe veel bygeloof is as Kersvader. Dit goël met sulke skimgoed soos "tydsgees", dalk saamgestel of opgetower deur mense uit hulle klein kennissegroep in die stad, ondersteun deur ernstige en soms bevange taalkundelose en literatuurkennislose teoretici se boeke, met baie meet en pas.  Groot dele van die aarde se bevolking ken nie die begrippe nie, die tegnologie of gesindhede nie.  Vir Vonnegut is selfs "USA" 'n granfalloon; elke voorgestelde geheel: nasie, land, taal, literatuur, ideologie.
Om te beweer die Westerse metafisika, of Afrikanerskap, of Springbok-tabak, die geur van vetkoek eerder as samoesas, deurtrek elke gedig wat in Afrikaans geskryf word, is soos geloof in poltergeists, sameswerings, gelukbringers, biodiversiteit.

geskokte
tiran op sy troon
(Johan van Wyk, "Vir Francis Bacon", Deur die oog van die luiperd.)
Les 4
Die digter in Engels  Keith Douglas het ‘n gedig geskryf “How to Kill”. Hier is twee van die vier strofes daarvan. Ted Hughes, wat ‘n keur uit sy gedigte geredigeer het, beweer: “(he has) ... invented a style that seems to be able to deal poetically with whatever it comes up against 
... it is a language of the whole mind, at its most wakeful, and in all situations”
(Eleven British Poets, p 2. )
     Douglas is in Frankryk dood, in sy 24e jaar.  
 
 Now in my dial of death appears
 the soldier who is going to die.
 He smiles and moves about in ways
 his mother knows,  habits of his.
 The wires touch his face: I cry
 NOW. Death, like a familiar, hears 

 and look, has made a man of dust
 of a man of flesh. This sorcery
 I do. Being damned, I am amused
 to see the centre of  love diffused
 and the waves of love travel into vacancy.
 How easy it is to make  a ghost.

Kyk hoe word die oor by die oordeel betrek, vanuit die koeplette. Die lang vokale, en die oorlope. Die sinsbou teenoor die verse (reëls) se gang.
In sy heerlike en origens noukeurige boek Shakespeare noem Bill Bryson dat die dramaturg en digter verhale, intriges, karakters en selfs stukke dialoog uit ander bronne geput het. Daar is ook lomphede en dele wat tot vandag toe onontsyfer bly. Maar: deurlopend is daar in Shakespeare se werk die duidelike mag van taal om te "transfix!" Onthou, Van Wyk Louw het verklaar dat ons nie 'n Afrikaanse (of Nederlandse) teenvoeter vir Shakespeare hoef te soek nie. Ons taal is ook Germaans: "Shakespeare is ons Shakespeare", wat nie beteken dat ons sonder goeie vertalings van party dramas is nie. Uys Krige het heerlike vertalings van party  gemaak, soos ook van Romaanse werke (Yerma van Lorca, bv). Skatte in Afrikaans wat vergete raak!

Terugskouend blyk dit dat baie dramatiese opstandige modes (of "bewegings" of "skole" in die kunste) van korte duur was, meer gebaar as waarde, afhanklik was van 'n klein groepie kunstenaars en binne 'n kort bestek in hulle lewens. Dis egter baanbrekende verskynsels soos die pop-kuns, op art, surrealisme, fauvisme, futurisme, imagisme en ander -ismes wat veral die joernalistieke en populêre aandag trek. Soos ook die sanger in plaas van die sang; selfs Opperman het nie gepraat van verskillende soorte teks nie, maar van "skeppend-ontdekkende" teenoor "beskrywend-ontspannende" kunstenaars. Dis min of meer soos 'n onderskeid tussen werke wat enersyds "skrywerlik" (scriptible) genoem word en andersyds dié wat "leserlik" (lisible) is en nie veel eis van die beskouer om betekenis te konstrueer nie. Dis baie binêr (dus vreeslik beperk) om slegs hierdie twee telkens te onderskei onder die duisternis uit. Tekste kom met 'n eie "driftige verband" of eie vanselfsprekendheid (om maar twee moontlikhede te noem) wat kan uitmond in wat ons agterna noem, bv. om twee ongewones te vat: poëtiese roman (Die kremetartekspedisie) of radiofoniese opera (Asterion).

'n Kanonbehepte het eenkeer in 'n dagblad heftig reaksionêr verklaar dat  gedigte net nie "verbandlose uitflappings" mag wees nie. Sy wil dit "geplaas" hê, sinvol, binne 'n orde; seker met "historisiteit". Dan erken jy bv. nie baie gedigte in "Klipwerk" nie. Die siening van Pound dat die kort liriese gedig die geskrewe, intense deeltjie van 'n veel ruimer drama is. Dat Shakespeare se sonnette met al die skoonheid en suiwerheid wat party het, ook "losstaande"  liefdesuitinge is, konteksloos, ten spyte van A.L. Rowse en ander se poging om dit te plaas, volgorde af te dwing of af te lei. Die feit bly dat nog stof nog soort bepalend kan wees van die waarde van die kunswerk, hoe belangrik dit in eie reg is. Daarom kan ons bv. beweer dat "Paddas" sowel as "Slaapwandelende kind" en "brief van hulle vakansie" baie belangrike gedigte is.
Les 5
In die poësie kom daar dikwels beelde, voorstellings en beskrywings voor wat "magies" is. Hier het ons o.a. "'n eggolose silhoeët" en "kontoere sonder lyne". Die vers word nie beperk tot "ryme van logici" nie, maar  is by magte om die alledaagse te oorstyg.
Maar hierdie magiese wat so ver is, is "so naby soos die spreker se asem", sy wat in 'n werklikheid "sonder sandale in die donker" is en vertel van byderwetse "unisex" geheime. Die hart "lub-dub". Die gedig is dus magies-realisties (as ons dit enigsins 'n beskrywing moet gee, wat so dikwels beperkend en "ykend" is) en totaal geloofwaardig. Dis dinamies; die ritme wel uit die betekenis, met soms 'n herinnering aan die prosodie van Hooglied. So word 'n stelling soos "die pyn van kennis is enkelringe" wat uit verskeie eras kan kom, by "kwantum treë" gevoeg. Vandag se sci-fi en lemkant tegnologie word voertuig om tot die tydlose verlange en liefde te beweeg, met as tussenganger 'n of die (!) Droomvanger. Supervers.

Alles is stof tot vers. Byvoorbeeld:
Nzhelele is 'n plek in Venda, agter die berg. Hy is vernoem na die rivier, wat op sy beurt na die wou vernoem is (Engels: kite). Die mense het tonge olifantvleis in die bome opgehang; die woue het onderstebo geduik om daarby te kom. Die rivier lyk of hy verkeerdom (onderstebo) koers: wes plaas van oos soos al die ander riviere. Dus is hy die wou- (onderstebo) rivier. Die kinders het 'n speletjie: staan op hulle hande en koppe en sing Nzhelele, Nzhelele, ek staan hier op my kop ( ... ndo ima nga thoho).
Picture

    Feedback

Submit