Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Travelling
  • backups 29 Sep 2022
  • Ander Maria
  • Lewe seer
  • Teerspieel
  • Pirates
  • Delinde
  • Workplace Bullying
  • Toonsettings
  • Diereverhale uit Afrika
  • Oorlopers
  • 20th IS Conference
  • Pluimwaai
  • Beeld Louw Jun 2020
  • Leespleisters
  • Alet marriage
  • confproc
  • Die hart van die jeugleier
  • Delirium
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Charl-Pierre Naudé
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • oop
  • Madie
  • My UNhappy marriage
  • inocent
  • Berging
  • Thesis P Mbua
  • Ian en VWL
  • Untitled
  • Ander Maria
  • Spirituality Loader
LOBOLA

I. 'n Jong bruid vee selfs die agterplaas
'n Triolet

'n Jong bruid vee selfs die agterplaas
om die prys van haar troubees te verhaal.
Een armband kan tog nie vrolik raas.
'n Jong bruid vee selfs die agterplaas.
Aangetroud is aangewaaid, oplaas,
want 'n vent sonder baard is g'n sent waard.
'n Jong bruid vee selfs die agterplaas
om die prys van haar troubees te verhaal.

II. Honger maak die rouste bone soet
'n Triolet

Honger maak die rouste bone soet,
stry die suinige huisvrou, die ou spaarpot.
Haar wederhelf pleit vir koue bier, warm bloed.
Honger maak die rouste bone soet.
Apekool sal jou bewaar en behoed,
want 'n boepensmaal is uitspattig, verspot!
Honger maak die rouste bone soet,
stry die suinige huisvrou, die ou spaarpot.

Carina Stander
(Woud van nege en negentig vlerke, p 36)

Requiem
(vir R.LR – beyond poetry, into eternity)


so wil ek jou onthou:
dat die maan sku geword het in jou oë,
dat die witstinkhout by jou agterdeur
se koelte jaarliks na jou uitgereik het,
dat ‘n blou sysie nie bang was in jou hande nie,
dat jou greep sag was om my  elmboë

dat ons saam in die Magaliesberg
die son se eerste ritueel laggend ingewag het,
dat jou mond ‘n klankbaan vol gedigte was,
dat daar  in jou bors ‘n arend was,
dat jy my met baie woorde terug gebring  het

ek wil vergeet dat jy vandag
onder die roep van kluite
skerwend  stol,
daarom het ek vroeg vanoggend
voor die lug, grys soos
ligjare vol  pyn,
onder die eerste aanslag van die son verbleek,
jou met baie  woorde dieper weggelê

Erna Jo
Bobbejaanstert

Daar's 'n tyd in die jaar
waar selfs bobbejaanstert blom
ek kyk op na die berge
en ek sien hom kom.

Teen die magalieskruin
waar elf en 'n half maande
dofdood staan in swart teen bruin
is dit nogal verregaande


as my stert in pers hier skyn.

Naudé Kritzinger


Keurgedigte

Ons is in die nagte nommerpas
maar met die oggend
droom-verlore, aangetas.
(Ian Raper)
              ***

Sterre is nooit alleen nie

In die son se laaste lig
staan jy verhelderd,
stralend in jou opkyk
na ʼn hemel wat uit blou migreer
na iets, minder as swart
maar soveel meer
as ʼn eensame hart.

(Andre Viljoen)
Holy Matrimony

Sy onthou net die laaste keer:
toe al was sy doof en blind en stom geslaan,
ingedop en dieper in haarself gekelder –
hoop was twee mossies op ‘n kollektebord.

Sy hande en voete het soos hael gekom:
met die eerste val het sy hom dom gekyk,
gesien hoe die gangmuur
bloed en snot en spoeg
spatsels vir haar huil.

Sy het opgekrul onder die donder op haar kortrib
en withelder sekelmane in haar niere
terwyl hy blomme vloekend op haar tatoeëer.

Die afdruk van sy skoensool op haar binnebeen
was ‘n brutale Tretchikoff
(later sou sy die streep swart skoenpolitoer
in een lies met Lux en watte weg bewe),
haar blaas het oopgedraai toe sy dienspistool
soek na die verskil
tussen haar skaamlippe en kakebeen –
die loop en die kolf was oral ewe koud.

Een laaste keer het sy na God geroep,
maar God en hierdie dorp
het hulle rug gekeer op huismoles
en toe hy hyg en haar inryg op sy lus
het ‘n swart karos oor haar getrek;
terwyl haar hart bly klop en haar ooglede knip
het sy haar slape na hom toe gedraai
en oopoog stil gesterf.
Erna Jo
Zandfontein

Kyk hoe lank en dun
hou die bome oor ons grafte wag,

hoe die marmer pynloos sug
oor lewens tussen datums
gerantsoeneer

kyk hoe skil ons die geskiedenis
van ons lyke af

Erna Jo
 
BAIE MOOI

die museumklok lui en lui,
en die museumklok lui en lui en lui.

die here is nie jou herder nie.
jy maak en breek soos jy wil.
jy verfris jou siel deur te luister voor jy
praat en ken al die paaie  van
geregtigheid, en ongeregtigheid soos
al die uitsprake van jou
eie  naam.

en die museumklok lui en lui en
lui, die museumklok lui en lui.

soos aan jou bok se nek, klok leë bottels
aan jou fiets se nek.
  dis jou langste winter ooit.
plek-plek gieter lentereën gate in die pad

voor die plaas se hek.

die kaap is ‘n winterreënvalstreek.
en die
  leë bottels aan jou fiets se nek klok-
klok oppad dorp toe om geruil te word

vir brood, of bier.
vir brood of bier.

en die museumklok lui en lui en
lui, die museumklok lui en lui.

die son wyk voor die dorp se
  gloed.
jou koue stem eggo deur ‘n radio:
dirk se naam met verf
  gemerk,
jansfiskaal se erf gevlerk,
bakkapel kerf sy kamp in
  sand.

wind ontwaak. verwarrende plakkate fladder
in die wisselstraal
  se neonlig. ‘n selfoontoring fluit
vir jou kerkgebou.

en verf verweer
  en vlerk ontveer, selfs
sand kol rond. dis al. en as die maan en uil
  jou
groet, blokkeer jou lykstoet
oggendverkeer.

die wêreld is jou woning wel, profeet.
die wêreld is jou woning wel.

en die museumklok lui en lui en
lui, die museumklok lui en lui.

en as jy ooit van hom vergeet sal hy
soos ‘n teël val en breek. tot in lengte van dae
sal sy skerwe deur jou voete steek.

die museumklok lui en lui en lui, die
  museumklok lui en lui.

een aand na ‘n uitsondering ver,
ver van die reël, tel ek ‘n droë eikeblaar
langs jou van die sypaadjie op.

die museumklok lui en lui en lui, en
die museumklok lui en lui, en
jou gedigte  is baie mooi, baie mooi,

baie mooi, sê jy en ek bêre die dooie blaar
in my boek want dis baie mooier as ‘n gedig.

baie mooier as ‘n gedig.

(pb)
   

   

   

   

 
Binne kring

Die aarde maak homself kleiner
net vir jou.
Die see kom uit sy ver plekke nader
tot wit skuim teen die voorste rotse,
wat jy uit jou bed kan sien.

Elke oggend bring die wind
vars klam sout geure
om die kamer vol te hang
sodat jy nie na skulppoele
hoef te verlang nie.

Suikervo♣ls fladder teen jou ruite
en ek strooi handevol mieliegruis
op die grasperk voor jou vensters
dat jy kan lag vir die fisante.

En as die son saans agter Hangklip weg raak
trek ek die gordyne dig toe teen die donker .
wat met elke dag wat uitloop
swarter groei en meer duister kring.

André Viljoen
Belangrike boeke
​