Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Die hart van die jeugleier
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
    • Verslesse
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • Lakie spaar water
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Oorlopers
  • Kersfees op Wonderfontein
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Toonsettings
    • Diereverhale uit Afrika
    • Oes uit Tranesaad
    • Pedale van papier
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012 >
      • Gerrie Terblanche
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Karlien van der Merwe
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Nini Bennett
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Kabous
    • Lucie Moller
    • Jana Coetzee
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Leespleisters
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • Charl-Pierre Naudé
Klik vir Naude se webwerf
Die gedig van Meester Rottevanger

Sy rydier het groot klokke aan
en teuels met goue randjies,
sy saal kraak soos die leer van
'n pofadder se vervellings,
'n stadige loop tot lángs die fontein,
die plein van al die inwoners.

Hy vou sy sak van varkleer oop;
'n pyp blaas rook uit by sy neus.
Hier in die hoofstraat
word hy geken en gevrees
aan die reuk van rotte.

Die riet van die rotvanger blink nou
gepoleer om al die gaatjies
wat hy toestop met dik vingers sonder eelte.
'n Dun lip blaas leë lug:

die rotte, elkeen met 'n hoed op, dans.
'n Massa volg uit grys riool
sy eentonige bravade
tot by die water om die fort.
Hulle stroom in die rondte van die grag
en skop plesierig
al om die kolkgat van die dood.



Voorhande

Al die tegnieke moet in plek wees:
jou greep,
jou staan,
jou oog op die fyn haartjies
van die geel bal
wat groter groei en
óp wip tot die styfgespande snaar.
                                                
Dan, soos 'n luiperd op 'n tak:    
die balans tussen konsentreer 
en ont-spanning van die spier
op die stil punt van die skaal.    
                                                   
Die einde word bepaal deur dood-
eenvoudige fisika:
gravitasie, weerstand, die spin
en val van die bal,
die kreet van 'n regter,
ink op papier

en ‘n foto vir die agterblad.


Geskeide trilogie

I
Skei/ding

een vir jou, een vir my
ons sny die harte
middel-deur


II
gesnoei

jy
hartseer
my


III
Vadersdag-geskenk

hier moet ek nou slaap
met twee kussings langs mekaar
en ek met net een kop

middernag kom kruip
my seuntjie langs my in
en ek weet ek is nie

 al een nie





Vereistes vir verse

My vereistes is eenvoudig
eenvoudigheid heel eerste –
wie wil jy impress met inflatis stercore?
sê dit soos dit es, ontbloot maak dit die seerste.

Laat die ritme jou klots
na die plekke waar sy drom
soos skommelperde skommel,
of soos tier grom.

As daar  niets te seg is, bly maar eerder stil,
die moetgesêde woorde kom
ook in  kleiner blikkies in.

Ek sê nie daar moet nie, maar sjoe, as dit  kan
teken ’n sweep met ’n sweepslag
wat deur die asem gaan.

Rym?  Eerder binnesmonds en binnesins, 

tensy jy ‘n meester is –
Jy’t klaar verloor  as jy wonder:
wat rym nou weer met “is”.

Dan vra  ek dom: werk dit, hou ek  daarvan;
sou ek dit wou doen as ek dit sou kan?



Druk my

Holberg

Die oues sê die aarde is
'n kremetart en oud.           
Die jare het haar uitgehol
dat net die bas en bietjie hout
'n tronkstruktuur daar bou:
'n ondergrondse eiffeltoring
met 'n spitspunt in die hel.            

Dit word vertel;
as jy jou laaste asem uit blaas
jy sou dun word: 
jou siel sy hande op sal lig,   
jy soos ‘n stukkie strooi sal sak,
af met die kors se pype,
deur magma
tot in die warm hart van straf.
 
Hulle sê: al het ‘n oog nog nooit gesien nie,
dat waar hokke nou leeg staan
daar  in 'n wit orkaan gegaan het   
om kettings los te knak.



Paasjaar

Daardie jaar
het ek soos 'n donkie
die hoop van palmtakke ingevaar.

Maar Judas het vroeg-aand
met skoon voete, 'n vuil gewete
en 'n maag verkramp
aan brood en wyn uitgestap,
sy konkelgange die donker ingefluister.

Die vyeboom het bloed gehuil:
buite dra sy soen.
'n Legioen met brandende fakkels
van haat en mísverstand
het my, bietjie vrywillig,
weggelei na wolwe.
Tande van metaal en tou
het stukke vleis uit geslag,
geruk van lag
toe die pad van skedels
te moeilik was om alleen te dra.

Klein genades in sterk hande
bring my by die kruispad wat my
alleen tussen geroofte rowers
ondergronds vat en
dieper as die see verdrink.

Dit kon nie verder af nie;
toe was dit op.

En hier's ek nou op die oujaar -
ek proe die lug en son.
Soos herontdekte lewe kom dit op,
kyk ek op
as die swaar ronde wiel van tyd
voor die graf stadig draai
en 'n nuwe jaar oop sluit.




In my Pa se huis

Sy arms roep my uit die mis
om nader te kom,
die herfs se stilte in, te rus
van die alewige gevroetelry.

Die kleur in sy huis is palet,
die vloer gladgevryfte beesmis;
dit weef ‘n sagte net
met spiraalpatrone om oor te loop


na skilderye met my naam op:
wolke en takke soos kinders dit sien.
Die vensters is landskappe
waarteen jy binnetoe leun.

Ek verlang na die stil dialoog
tussen die kaggel en die stoel.

Naguil

Die afrikaanse naguil klink vanaand
uit my mond
as sy meer aards
en nags as ’n bromvoël roep:
O Heer vergewe ons.

Het jy geweet (vra hy slim op Gautengs)
'n naguil is g’n uil nie.

Wat maak dit tog saak
wat of hoe wys
wie roep?
- almal in Afrika hoor sy vraag
en wag op die antwoord
van die groot gees.

Hy lewe in die klip en sand
en mense van die donker land.
Hy is die gras en   saad,
die ingroei-toonnaels van die kremetart;

As impala-lelie se blommetjies
en die rubberskille van maroelas
saam kring om sekelbosvure,
erken sy ook die duiwelshand
as ons sing:

O Heer 
vergewe ons.

    Feedback

Submit