Die agste dag, deur Ockie Strydom
Ockie Strydom se derde digbundel; die eerste by Rosslyn-pers.

Ockie Strydom is op Humansdorp gebore en word in die Langkloof groot. Hy bekwaam hom in 1985 aan die Universiteit Stellenbosch as dokter en is sedertdien algemene praktisyn in ’n solo-praktyk in die Langkloof.
Hy debuteer in 2013 met tdie bundels Na-ure skalpel en Druppels rooi. Van sy ander werke is in verskeie versamelbundels opgeneem.
Gedigte in Die agste dag teken meermale Suid-Afrikaanse karakters in aktuele blootstelling aan lyding, siekte en misdaad; andersyds is daar o.a. waarderende, treur- en liefdesverse. Soms kom tegniese (bv. mediese) terme en prosesse voor, terme uit ander wetenskappe en die mitologie; met talle verwysings na ander literêre werke en die skrywerskap.
Die lywige bundel bevat baie treffende verse, binne en buite die “professionele” oftewel “praktykgedigte,” met gelowige en bewoë, o.a. landelike, karakters aan die woord. Dan kom daar verse rondom uitsprake uit die Bybel, ironiese kommentaar op die lewe en op spesifieke neigings en gestaltes, dikwels by wyse van “fatale rympies”, soos D.J. Opperman se onheilspellende “trippe ... trap patrone” (uit die epos Joernaal van Jorik). Die toon van deernis en beskeidenheid van baie gedigte is hier veral aangrypend.