Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Workplace Bullying
  • Toonsettings
  • Zoezie Books
  • Diereverhale uit Afrika
  • Oorlopers
  • 20th IS Conference
  • Pluimwaai
  • Beeld Louw Jun 2020
  • Leespleisters
  • Alet marriage
  • confproc
  • Die hart van die jeugleier
  • Delirium
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • Lakie spaar water
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Kersfees op Wonderfontein
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Karlien van der Merwe
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Nini Bennett
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Lucie Moller
    • Jana Coetzee
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Charl-Pierre Naudé
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • oop
  • Madie
  • My UNhappy marriage
  • inocent
  • Berging
  • Thesis P Mbua
  • Ian en VWL
Hallo! and welcome to my English & Afrikaans piece of the poetry pie. I was named after the little girl from the Swiss Alps, married a Cypriot Greek and grew up in "Zulu-land". Thank you and enjoy reading!
Lied van die Suikerietkappers 

Ons sing en dans by die myn 
vir die toeriste 
dans en slaan 'n tonga 
sing die lied 
van die suikerrietkappers 
 
die kappers se sang 
'n tongvuur wat klap 
terwyl hulle maak 
die suiker die bier 
uit die korrel 
uit die riet 
tot die woord kom korrel  
van die tong in die kies 
 
o ons sing die lied 
van die loerie wat roep 
om reën 
Umgungundlovu 
ons roep die Tugela se tong 
wat flits in die son 
en die wolke wat hoog en heilig ry 
op die rûens van die heuwels 
en blou voete van die reën 
wat kom loop 
oor vuurkole 
van die koraalboom 
 
o ons sing en dans 
slaan 'n tonga 
Umgungungundlovu 
kap met 'n panga 
'n skreeu 
swaai aan 'n bobbejaantou 
deur loomlower 
van ons gedagtes 
van Mhlatuzi 
tot by Msinga 
 
ons loop 'n soekgeselskap 
oor berge  
tot waar die skilpadeiers 
van die sterre gelê word 
op koel strande van die nag  
en bedags gebêre word 
onder die warm sand, 
waar ons slaap 
onder die vuurtoring 
van ons drome 
tot die oggend kom gloei 
in die denne, 
'n rooi kreef op kole 
 
o ons sing die lied 
laai die kokopanne 
met die suikerpyle van die son 
by Empangeni Eshowe Nongoma 
Mtunzini Kwambonambi en Pongola 
waar die groen klowe 
van stilte kom vou 
oor die nou klipperige 
passe van ons slaap 
 
ons gaan op 'n safari 
van oorryp aande  
'n geel en groen papaja 
by Ndumu 
by Mkuzi 
en die Umfolozi 
waar die seekoei  
met oop bek snork 
'n pienk waatlemoen 
en die geel en wit koorsbome 
soos oorlogstrepe lê 
oor die stil masker 
van die Nyamithi-meer 
en die visarend sit 
voor sy grot 
met bene en klippe, 
'n ou sangoma 
 
o ons sing die lied 
van die suikerrietkappers 
vir toeriste by die myn 
tot die blou aalwyne 
van die vuur 
stil en waaksaam word 
soos indoenas 
in die ver heuwels 
van ons oë. 

Song of the Cane-Cutters 

Oh we sing the song of the cane-cutters 
here at the Egoli-mines 
we sing and dance 
entertaining the tourists 
with the song of the cutters 
cutting the sugarcane 
and protecting themselves 
against dust and sun 
with white masks of clay 
 
Oh we sing the song 
of the rain-bird calling 
umgungundlovu 
umgungundlovu 
until the white clay-masks 
of the clouds break up 
and the blue feet of the rain 
stride briskly 
over the red-hot embers 
of the Choral-tree 
    
Oh we beat the tonga 
to the rhythm of the fire 
of the dance 
and our tongues clapping  
and clicking away 
 
Oh we sing the songs 
of the sugar-hills 
from Empangeni and Mtubatuba 
from Quambonambi and Nongoma 
 
while we travel 
over hills and mountains 
to where the turtle-eggs  
of the stars are hatched 
on the balmy beaches 
of the night 
 
and buried under the warm sand by day, 
we travel through 
mango and pine-apple sunsets 
where we fall asleep 
on the white bosom 
of a beach 
until the red lobster 
of the morning smokes 
amongst the firs 
 
oh we sing the song 
and we dance 
the snake-dance 
the Dhomba 
at Ndumu and Mkuze 
and the Umfolozi, 
we drink the brown foamy beer 
of the Tugela, 
listening to the Impi-cry 
of the Mynah 
by Mtunzini, Msinga 
and Pongola 
where the green silence 
covers the harrowing 
mountain-passes 
of our sleep, 
where the hippopotami play 
with pink velvety beaks 
like watermelons 
and the fish-eagle sits forlorn  
in front of it's cave 
like a lonely Sangoma 
 
Oh we cut the cane 
we sing the song 
we hack a path 
through the swarming 
foliage of our minds 
and the tropical plants 
to where the white 
and yellow fever-trees 
streak the dark face 
of the Nyamithi lake 
like war paint 
and the sun sinks 
with the white belly 
of a fish 
between the green 
Hindu temples of pine trees 
 
Oh we sing the song 
of the sugarcane 
foaming their white 
sugar-plumes sun-powder 
the song of power, 
we sing under 
acclamation of our assegais 
until the blue aloes 
of our fires 
turn cold and sad 
like lonely warriors  
in the distant hills of our eyes 
here where we sing our song 
for the tourists 
at the Egoli-mines.

Chopin - Nokturne 

Voëls sit op 'n draad in die mis soos op wit musiekpapier 
en onder op die rivier dryf 
swane soos ou oorgeblewe 
aristokrate wat onder brûens bly 
en in kanale en tussen hulle 
'n enkel swart swaan, 
'n priester of confidante 
of 'n dokter teruggekeer  
van ver onoorwonne fronte van die gees, 
 
die swart swaan wat altyd enig opduik 
as basviool of Franse horing in 'n simfonie, 
en aan wie die eensames op 
die rivierbank hulle alleenwoorde 
soos kosbare krummels kom voer  
 
maar altyd bars die musiek 
van 'n onaardse vreugde 
uit die grys kanonlope van geute 
en oor die rowe van rooi dakteëls 
en tussen deur die kaal takke 
wat soos swart krake lyk 
teen die grys muur van die lug, 
 
elke dag is 'n klaviersonate   
of 'n simfonie, 
die middag ‘n bonthelder volksdans 
'n rondo wat skyn van oopheid 
uit die hoë adellike voorkop van 'n heuwel of dorpsplein, 
 
en die skemer is 'n romanze 
'n scherzo van die son se goue gerwe 
afgestraal van donker blou hooimiedens  
van wolke na groen weivelde  
vir die armes van die gees om op te tel, 
 
want elke nag is 'n Nokturne van Hoop 
met die Poolse Aarde 
'n donker man wat in sirkels dans 
met die maan 
soos 'n kind op sy skouers.

Sneeu Uil 
(Sneeu-uile kom voor nie  
net in Antarktika nie maar  
ook by Newfoundland, Kanada)
 

In die stroom vang ons 
'n ekstra vis vir die nag 
wat op donker mospote nader sluip, 
die wind in die boom 
is 'n beer met pote 
wat teen die lug kap, 
 
in my droom 
wolfkerm jy soos 'n sjamaan 
na die sneeu-uil van die maan 
 
later word dit stil 
en die sneeu-uil 
se oë kraak blou oop 
sodat die lig soos glinsterende 
visse vrygelaat kan word 
 
die son, 'n takbok 
op sy knieë 
verstrik in 'n boom 
bloei dood uit in die rivier 
maar in die oggend lê dit  
deur die omgekeerde 
uurglas van die rivier, 
skoon uitgewas 
tot 'n pers berg 
onder ‘n wit sneeulyn van geloof. 
 
Ek sien in die water die wolke 
van jou skouers omstraal 
van die son wat elke dag
al dieper wegsak 
onder skaduwees en die swaar 
vragte van die herfsblare 
wat op die water dryf 
 
ons was die nag se masker 
van droom af in die stroom 
en sien hoe ons drome weg dryf 
en tussen krappe op die bedding 
gaan lê 
 
die sterre is uitgespoel 
tot wit gladde rivierklippies 
vir ons om die dinge en sake 
van die dag mee af te meet 
want dit dra nog die gewig  
van 'n helder nag 
en om saam met ons 
versugtinge en klagtes 
in die water terug te gooi 
sodat 'n vrede al groter uit kring
oor die dag 
 
met die berg wat ook 'n vrede 
pyp rook oor die denne en berke
en populiere 
met takke al geelstomp gekou 
aan die ou leer van skaduwees 
 
maar jy is weg 
en my hart is 'n sneeu-uil 
wat hoe-hoe in die hok 
van 'n ver warm suiderland 
en haar vere laat val 
soos sneeuvlokkies 
eensaam oor 'n subtropiese landskap 
van akkedisse soos swart 
glinsterende dolke op 'n boomstam 
en boomvarings wat dans om die son 
met arms vol smeltende varings van ekstase.

Die Tollende Son, Ngome - Plek van Sewe Strome

Picture







Op pad na Ngome trek renbote van wolke  
die son se ski’s 
oor 'n blink mielieland 
onder die berg wat 
sy blonde maanhare rimpel 
en skud in die wind, 
die berg wat sy blonde spiere 
van gras weef in die son,

die berg met sy huid 
kaal en glad en oop  
soos die leeu van God (van die Amakhosi) 
 
maar hoog oor die groen  
Zoeloelandse vallei 
met aalwyne soos 
vergete altare 
waar bokke klouter 
oor die blou hange 
van God se slape 
tree Maria, 
Tabernakel van die Allerhoogste 
uit die son, 
Sy hou dit ,in haar hande op 
'n blinkwit hostie. 
Die son begin tol 
verblindend wit 
en sy wys die verdwaasde non 
na die plek Ngome 
waar sewe strome bymekaar kom  
vir 'n fontein van helende water. 
 
"Ek is die Tabernakel van die Allerhoogste" 
groet sy dae later weer die non. 
Die non erken haar  
want Sy is die vrou geklee met die son 
met die kroon van twaalf sterre op haar hoof 
en die maan onder haar voete, 
Sy, die Een wat sal kom om die draak te beveg 
wat slinger en draai en ons verblind 
met die skubbe van munte. 
 
Sy wys met haar hande na 'n kleihuisie 
met sinkdak waarop vyf  klippe lê, 
"Net so gee ek julle vyf klippe 
om die Reus mee te verslaan" 
"Wat is hierdie vyf klippe?" verneem die non. 
Klip een is gereelde bywoning van die kerk 
Klip twee is gebed uit die hart 
Klip drie is die hou van die vas 
Klip vier is kennis van die Bybel 
Klip vyf is greelde belydenis van die sonde.

Gun My,
O Visioen van Saint Catharine Labouré in Parys.
Visioen van La Salette hoog in die Alpe.
Visioen van Banneux.
Visioen van Fatima, Garabandal en Medjugourio.
Visioen wat krag gee aan
die ou Christinnne vervolg deur die Romeine.
Visioen van duisende Moslems by
Zeitoun in Egipte.
Visioen van die boodskap "Die oorlog sal gou verby wees"
in die Tweede Wêreld-oorlog.
Visioen van die waarmaking by Rwanda.

Die non is lankal dood
maar die son tol nog om en om in die lug
hoog
bo die wit kapel op die heuwel
waar Die Heilige Maagd eens verskyn het.

Die son wat van kleur tot kleur verander
en ekstaties tol soos 'n
blinkwit hostie
bo die heilige altaar van Ngome
soos by elke
Maria-altaar in die wêreld
wat Haar verskyning gedenk.

Gun my,
om ook soos 'n klein wit vlindertjie
vlietend 
in die Mistieke Woud van U Wese
soos die Heilige Maagd of ou non
te dartel en duisel soos
een dronk van 'n vreugde
hoog bo-oor die gekrampte lote
en tussen deur
die wortels van gepynigde voete,
die bobbejaantou van folterswepe,
U eie Stasies van die Kruis geskryf
in die natuur
wat lei na 'n fontein van grasie
verby die gelykenis van die wurgvy 
van 'n onbevryde gewete
wat die bas van 'n boom
stadig dood folter 

Gun my, 
om in die Mistieke Woud van U Wese
waar daar genoeg lig vir die gees is,
te soek na die plek van die sewe strome
met jakobslere van varings
vlammend in die son,
om te luister in die stilte van hierdie Woud
na die ryk voëls van U Spreuke
om my uit te strek op die tabernakel 
van 'n rots koel soos klokke,
om die masker van my gesig af te was
en te luister na die harpe van water
hier met 'n goue gloed,
so helder soos die sang
van die pers loerie, klein skugter prins
van die kus en die oerwoud
wat vir ons pers satynvere laat val,
duur seldsame afskeidgeskenkies
uit sy eie koninklike mantel 
van groen, rooi en persblou

Gun my dan
om in die laaste bietjie oorgeblewe
water van my aardse drome
weg te dryf
op goue arms van vrede
tot in die tollende tonnel 
van 'n ekstatiese son.



How to write a poem about an egg 

At the onslaught of writers block once 
I was treated by my mother who pointed out 
that I should be able to write a poem about an egg 
as T. S. Elliot once wrote a poem about an egg, 
well, I said, an egg is a vowel 
in the warm dry nest of popping consonants 
with all it’s dialects of scrambled boiled 
fried and poached egg 
and that I suspect 
 
poachers like poached egg 
so that the yolk of truth does not stare them in the face 
like the innocent eye of an animal 
and then sex is also an egg-and-spoon race 
your spoon my egg 
and sometimes we lose the egg 
some although often still tarred and feathered 
speak their blunt bald-headed truths 
and the boiled vowels of English eggs 
get their heads chopped off, 
Victorian children play croqet with those 
awkward eggs of an "ought to" or "shan't" 
while the governess isn’t looking 
 
and Irish vowels are dreamy runny 
poetic souls of vowels supported by 
hard crusts of bread endeared by much 
poverty 
and French eggs of vowels 
tend to blend with other’s into an omelette 
spiced with black mushrooms of accents 
and those petite vowels 
so independent so easily disappearing at the end 
as if by a magic act 
 
and then there is also everyone's favourite 
the scrambled egg of American vowels 
with the twisted twang of a rock guitar 
and the ketchup of whatalotigot on 
 
and then there are the vivid richly painted 
gold and red Greek Easter eggs of vowels 
as vibrant as a red poppy being nibbled by a white goat 
 
and there are the faces of Renaissance saints 
glowing with the tempera of smooth Italian vowels 
until you also see henceforth in every soft fried egg 
the gentle face of a Madonna downcast or askance.

Sneeu Man 

in my lewe het jy ingestap 
met die son wat jou 
oor jou skouer volg 
'n wit wolwe-oog 
 
en jou eie oë 
so ontwapenend 
 
twee sneeuballe van lig 
waarmee jy telkens mik 
na my verdonkerde hart 
 
woorde tussen ons 
was lig tintelend 
eksoties 
soos 'n sneeu-uil se vere 
 
die nag om ons 
'n swart beervel 
styf vasgepen 
om uit te droog 
 
en jou lyf 
'n sneeuboom in die maanlig 
of ‘n helder verligte olieboor 
in 'n swart oseaan 
 
en bedags as jy weg is 
sien ek weer 
die son-en -skaduwees 
van jou viriele stiltes 
wat in goue takbokke 
oral uitslaan op my mure 
 
net soms saans versamel  
die geel gesmelte sneeu 
van 'n teerheid 
in die hoeke van jou oë 
 
dan is jy 'n sneeuden 
gemaakverbaas en 
met die tikkie hartseer 
van 'n ou uitgewaste towenaar 
 
met ou sneeu 
wat soos dooie konyne 
aan die donker dennetakke 
van jou arms hang.

Picture
Sneeu in Johannesburg, 17 Augustus 2012

Pers drome van Afrika 

Na soveel stede en jare ry ek weer deur 
die strate van 'n stad
wat weer in pers drome lê, 
die bloeisels afgerafel van die pers 
Bokleed van 'n vername man 
wat hier deur die strate kom loop. 
 
Die blare gekleur met die ink 
uit donkerpers skulpe van somerse donderwolke 
fyngemaal oor Afrika 
en die ultra-violet strale van 'n goddelike spuug 
gemeng met stof wat ons weer lig 
tot in die Bo-kamer van God se Gees 
soos die vrouens en kinders op 'n dak 
tussen wasgoed en gedroogte vye 
wat by die eerste sketterende druppels 
van 'n somerreën begin sing en dans 
en handeklap vir die wolke se blou mandjies wat weer volraak met brode en visse vir die armes 
 
en die bloeisels wat blink met die koel asem van 'n somerreën 
wat die pers van belydenis en berou verander 
in die wonderwerkpers van bloesiels 
wat al die wonde van die aarde 
kom toelap, 
elke gebroke hart 
en lekkende sinkmuur of dak 
van 'n klipaltaar wat skree; 
"gee ons nie klippe nie maar brood" 
en elke straathoek se skeefgetrapte hak 
en oor suur warm asems geburp 
uit lugverkoelers in stege vol vuilgoed 
en dun suinige knoopsgate van monde 
en ook elke selfoon van 'n hartnooit beskikbaar nie en wat heeltyd 
onder 'n sware las van materialisme 
moet herlaai. 
Marguerita Dance 

(a circular formation of whales surrounding an injured or sick whale, lifting it in turn out of the water)
 
Will you be with me with the last Marguerita-dance when my sisters are circling around me their tails fanning a cool sea-breeze over me, 
when I am coasted onto the beach 
a Marguerita dancing herself to death, 
left by my bridegroom –to- be 
that feisty bullfighter of the sea 
in blue satin and golden brocade 
advancing and retreating 
and ruefully blowing me 
foamy kisses on the wind 
and pulling white carnations 
from his puffed sleeves, 
 
Will you be with me 
with the last Marguerita-dance 
the Dance till Death 
when I see the waves around me 
full of black bile breathing heavily 
under death-sweat of the sun, 
will you be with me 
with the last Marguerita-dance 
when my sisters are circling 
around me 
lifting me from the water 
so that I see the moon taken down 
by the black Gull of a Cloud 
that moon , the white mussel 
of my heart 
cracked open so surgically neat  
against a rock.

Marguerita Dans 

(‘n sirkelvormige formasie van walvisse wat ‘n beseerde walvis om die beurt uit die water moet lig) 
 
Sal jy my hoog oplig 
teen die einde 
as ek moeg word  
sodat ek die land kan sien 
waar geel pels van die son 
kom broei op die wit eiers 
van klippe 
waar die sand wit en lig blink  
teen donkergroen skubbe 
van bamboes en seewier 
wat dryf die verrotte ledemate 
van ‘n uitgestorwe oerdier, 
sal jy jou vars briesie oor my kom stort 
my liggaam wat lê soos skimmelrotse 
tussen die wit gewebde pote van skulpe lȇ, 
 
sal jy my snoet uit die water kom lig 
wanneer my susters om my kom kring 
met die laaste Marguerita-dans 
hulle vinne soos swart spaanse waaiers 
wat my koel waai  
as die water voor my 
soos kleppe swaar asemhaal 
onder swart braak van skaduwees 
en doodsweet van die son 
 
sal jy my snoet uit die water kom lig 
as my susters om my kom kring 
met die laaste Marguerita-dans 
die Dans tot die Dood. 
want die see is ‘n ou ervare stiervegter 
wat heupe swaai en vloei en draai 
in blou satyn en goue brokaat 
en uit die kantmoue van branders 
haal hy wit en goue angeliere 
en waai vermakerig daarmee oor die aarde 
wit skuimende bloeisels en soene 
op die wind se lippe 
 
sal jy my snoet uit die water kom lig 
as my susters om my kom draai  
met die laaste Marguerita-dans 
dat ek kan sien hoe die donker meeu van ‘n wolk 
die wit mossel van die maan af duik 
om soos my hart met een fyn naat 
skoon oop te breek teen ‘n rots.

“DEKAPENTAVGOUSTOS” 

(Vyftien Augustus) 

(In die boek ‘Drif en Vreugde’ word daar ook deur die kunstenaarpaar Marjorie Wallace en Jan Rabie melding gemaak van die ikoon van die Heilige Maagd wat helende dade verrig). 
 
Julle het hulle gode genoem 
maar miskien was hulle dalk nog engele 
wat aan julle, die Griekse wyshere moes verskyn 
om julle vir die koms van die Christus 
voor te berei, 
hoe anders verklaar mens 
“gode” wat soms harpe speel 
en met ’n baie vinnige spoed beweeg 
 
en toe kom Hy 
so anders as die vurige gode 
so gewoon soos julle 
wat ook op donkies ry 
en storms kon vang  
in vissermanne se nette  
gevleg uit ‘n eilandvrede, 
en nou groei op julle eilande 
die tragiese swart sipresse  
soos swart priesters 
ewig gevlek met die swart bloed 
van ‘n donker daad 
wat geen monsoonmaand nog  
uit kon was nie 
en met sweetkolle 
van ‘n gekruisigde son , 
‘n vyeson 
soos die donker swart vy 
van Jesus se mond  
en pupille verstar tot wit  
windmeulens van pyn 
waaraan ‘n swart doodse moegheid 
kleef, 
 
en og die helder vreugdevolle 
optog van ‘dekapentavgoustos’ 
die dag van die hemelvaart 
van Maria op vyftien augustus 
want onder ‘n meditereense mediteer 
met hortjies wat plek plek soos 
ribbes ontbreek, 
word sy jaarliks herbore 
die Heilige Maagd Maria 
hier op die eiland Tinos 
gedra met skuimende kranse angeliere 
asof gepluk uit die see 
hier op die eiland met die ou skeepswrak 
die Griekse vaarder, die ‘Elli’ in die hawe’ 
getorpideer deur ‘n swart oorlogswind  
uit Italië,  
op die dag van Maria se hemelvaart 
die dag van ‘dekapentavgoustos’ 
 
en die Grieke het die bene versamel 
uit die wrak en bymekaargebring 
waar hulle gelê het op die koel 
marmervloer van die see 
en nou beskerm word deur ‘n Magiese Ikoon 
van die Heilige Maria 
wat hang in ‘n wit marmer kerk, 
die ikoon olyfgroen van die goud 
waarin vlamme van die skeepswrak speel 
die stralekrans ‘n fakkel geskiet 
oor die oseaan deur Grieke 
met hulle oë wat in stukkies bladgoud 
afskilfer en uitval, 
word hier deur swart priesters 
op die feesdag ook 
bitter mirre gegooi in die oop graf 
van die wrak, 
die oop graf van hierdie dag 
en wierooklampies geswaai 
om die bitter lug te suiwer 
teen die wraak van ‘n wrak 
 
hier waar Griekse vrouens loop 
met siniese trekke om die mond 
en die Magiese Ikoon ontdek in ‘n droom 
deur ‘n Katolieke kloosternon, 
wat helende wonderwerke verrig 
op hierdie eiland Tinos eens ook deur 
die apostel Johannes bewoon.

T.S. Eliot se Eier 

Na die aanslag van skrywersblok eens 
raai my ma my aan met; 
“T. S. Elliot wat oor ‘n gekookte eier 
ook kon dig“ 
en toe besluit ek om ‘n gedig 
oor ‘n eier te skryf 
want ‘n eier is ‘n vokaal 
in ‘n warm mandjie van krakende konsonante 
en die eiers van Arikaans 
nog steeds geteer en veer 
bly so kaalkop die waarheid praat 
en die Engelse vokale van eiers 
se koppe word dikwels afgekap 
en konsonante lê weggooineste langs die pad 
en daar is die Ierse sonsondergang 
van sagte dromerige lopende eiers 
van siele op droë harde korsies 
van armoede 
 
en daar is die saamvloei van Franse vokale 
in ‘n omelette gegeur deur swart sampioene 
van aksenttekens 
en ook die Italiaanse en Florentynse eiers 
van vokale so glad gesmeer van die blink 
tempera van die son 
en die Griekse rooi en goue paaseiers 
van lewensvreugde wat teen mekaar 
in kompetisie gekraak word 
en laastens maar nie die minste nie 
janalleman se favourite 
die Amerikaanse uitgerekte twang van roereiers  
met die lustige ketchup  
van whatalotigot op.

Turner se sneeuwit reënboog 

(Geskryf na ‘n sneeuwit dag van 17 Augustus in Johannesburg)
 
 
Dan sal ek bly wees 
soos sneeu in Augustus 
wat ‘n onderliggende oerritme  
haal uit dinge, 
vorms herlei na ‘n naakte spel 
van positiewes en negatiewes 
met bome soos huilende beelde 
en bosse en plante soos hasies 
en blare soos wit vere, 
 
ek sal sien die wit gedig van hierdie dag 
is ook ‘n huilende beeld  
maar ek sal ook sien  
die sneeu wat so oor ons warrel 
is die manna van U lag 
wat ons tydelik laat vergeet 
en vergewe 
 
en dat die sneeubome engele is  
wat vir ‘n uur of twee in my 
vaal droё hoёveldwinter kom land het 
en dat hulle nie engele met swaarde is nie 
maar van ‘n nuwe lente en lewe 
en nadat die sneeu begin smelt het 
sal ek nie wag vir ‘n reёnboog nie 
 
want hierdie sneeu 
is Turner die reёnboogskilder 
se sneeuwit eteriese reёnboog 
oor die somerse berge van Ben Cochran 
of die geelwit reёnboog oor die meer van Cumberland, 
en ek sal sien dat dit ‘n boodskap is 
van die aarde wat weer eendag sal gehoorsaam 
aan ‘n swaartekrag van Donker en Lig 
soos van Goed en Kwaad 
of soos engele met sneeuwit veerligte vlerke 
wat swaar juwele van edelsteen en kristal kan dra.

Africa dreams purple

for one month
Africa dreams in purple,
the rain slashes down blossoms gleaming 
with the ultra-violet rays of a divine spit
which is tramped into the ground
and mixed to a paste
to once again open our spiritual eyes

for one month
Africa walks the streets
in the tasselled tunics of purple,
lifting our spirits into the Upper Room
healing our groggy gritty streets
with the purple snow
of a summer-storm

it patches the skew heels 
of street-corners
and even cell-phones
of broken hearts
which has to be frequently charged 
under a heavy burden
of materialism,
it falls into air-conditioners
belching hot stinking breaths
of beer and grill,
they fall onto the roofs of sink-walls
keeping the heart from blowing
away in the wind
held together by the few stones
of unspoken words of longing
for children growing up in faraway places,
these altars with stones shouting;
“oh Lord do not give us stones 
when we ask for bread”

for one month at least
Africa dreams purple
bringing a cool purple peace
to our minds,
it changes the hot stinking animal breath
of a thunderstorm into the fresh rain-soaked 
breath of hope and anticipation sucked in 
by the purple pockets of petals
and the dark blue baskets of clouds
filled again with five-thousand fishes
and breads for the hungry

for one month Africa dreams purple
dreams of the future,
it dreams eternal purple
sunsets dyed by the inky snails
in the splintered shells of clouds,
it dreams little white clouds
in a scorching sky like doves
freed once again from the dark musty
smothering temples of the earth

it dreams the purple haze over
a turquoise sea overlooked
by the True North of it’s palm-trees
in the sweet sleep of a coconut beach
and victorious cities of science
whitewashed and preserved timelessly
in the purple spirits of jacaranda-trees.

Elf September 

Ten bate van die slagofferfonds 
kyk ouers saam met hulle kinders 
na die ballet-op-ys; 
"Die Sneeu-koningin" 
 
en in die oggend 
met die mis soos die eerste 
afgelewerde koerant oop geblaai 
oor die baai, 
die woorde nog vars in hul ink 
soos die rou krete van die meeue 
wat klaend kring 
om die Satue of Liberty  
 
want sy is die Sneeukoningin 
wat die glasskerwe 
uit die New Yorkers se oë moet haal 
en bo die pienk geel en blou rose 
van verligte geboue  
waaruit parasiete soos wurms peul 
hang die dagmaan nog soos 'n slee 
 
en hoor elke hysbakdeur se klokkie lui  
"September Eleven" 
en elke geldkas van vergelding 
pieng oop met "September eleven“ 
 
en New York word 'n hackers-mecka 
met elke sleutelwoord "September eleven"                            
en swaels is joernaliste in mediakantore 
wat daagliks 'n stad van oorkruisde lyne 
oor ses kontinente kwetter 
 
“New York is a city of clever puns  
strung up like bright Chinese lanterns 
over a tea-garden" 
 
maar by Chinatown 
dryf die sjinese en japanese lanterns
volgens tradisie soos spokerige maskers
op die water 
om die "siele" van die slagoffers 
na die Oorkant te dra 
 
en snags lê die inwoners  wakker 
en luister hoe die mishoring onvermoeid  
die swerwende siele van die dooies bymekaarroep
en heelnag lank deur loods 
oor die miswaters van die baai 
met die groen en rooi ligte van vragbote 
wat heelnag brand teen die horison 
soos nagligte aangelaat vir bang kinders 
 
O New York, New York 
gaandeweg verdoof 
die boodskappe van die dooies gelaat 
in die selfoon van elke hart 
wat kort-kort hulself weer moet herlaai 
onder 'n sware smart 
 
hulle speel almal dieselfde deuntjie; 
New York, New York                              
Hey big spender we love you but remember, 
"te veel sake 
laat die hart versaak" 
 
New York, New York 
Hey Big Spender, we love you 
only take care, 
want te veel  "state-of–the–art" 
laat die hart ineenstort 
soos 'n aandele-mark.
Op Elf September 1991 het die "kaalvoet boodskapper" Vassulla Ryden, 'n boodskap van Jesus neer geskryf oor torings waarin euwels ingebou is wat daarom ook ander euwels sal aantrek.

Die torings sal neerstort in die stof van hulle eie sondes maar Vasulla het gewaarsku dat die boodskap in die regte gees geinterpreteer word want Jesus neem geen kante nie en sê dat ons asseblief vir die slagoffers moet bid want hulle is ook die slagoffers van ons eie sondes sowel as die sondes van "twee groot euwels wat mekaar aantrek.
 
Jesus het waarskuwings deur sy boodskappers gestuur voor die insident maar hulle is weer geignoreer en van sy "huilende beelde" 'n bespotting gemaak. Boodskap uit True Life in God Notebook 53 – blsy 550; Jesus waarsku oor ons lewensstyl wat te gekompliseerd geraak het en dat ons as’t ware ons eie Babelse torings van verwarrende simbole uit ons godsdiens skep omdat ons nie glo met die hart nie maar die verstand.

Jesus bring boodskappe "buitekant die Bybel" sodat ons kan leer om met die hart te glo en nie net die verstand nie. Dis grootliks oor hierdie boodskap dat Vasulla vandag versaak en vervolg word deur veral godsdienstiges.

Die boodskapper hoort nie geskiet te word vir die boodskap nie.

On September 11 1991,  
the "barefoot messenger" Vassula  
Ryden, received a message  
from Jesus Christ about towers 
that would fall in the dust of it’s  
sins and refers to these as our  
own sins too.  

He wants us to pray for the victims 
of two evils attracting each other  
and calls our modern lifestyle  
one evil which we should drastically 
change.  

Message in True Life In God,
Notebook 53, pg 550;  
Jesus said he sent many weeping  
images just prior to this terrible  
incident which the believers ignored  
once again, mocking them.  

He says that we are making our religion  
into towers of Babel because we believe  
with the mind and not with the heart,  
that is why he challenges us with messages  outside the Bible and with weeping images.  

Because of this message Vassula and  
members of the True Life in God  
movement are persecuted and rejected  
in many denominations worldwide.  

The messenger should not be shot for the  message.
September Eleven 

In aid of a fund for the victims, 
those parents and children 
sat watching the ballet-on-ice 
"The Snow-Queen" 
 
and in the morning with the mist 
opened up over the bay, 
like a fresh newspaper 
the words still fresh from the press 
ringing out 
like the raw cawing of the gulls 
circling the Statue of Liberty, 
for she is the Snow Queen 
under the sleigh 
of the still visible moon, 
 
this morning wiping the glass-splinters 
from the eyes of the New Yorkers 
only see buildings lit up like roses 
squirming with worm-like parasites. 
 
and the lift of every skyscraper 
screams open with "September Eleven" 
 
each till opens with "September Eleven" 
 
every keyword punches in with 
"September Eleven" 
 
and at night they lie awake sleepless 
while listening to the foghorn 
tirelessly leading the cold wandering
souls of the dead and hosting them 
over the mist-waters of the bay 
 
past the red and green lights 
of the freight-boats blazing on the horizon 
like night-lights left on for children 
scared of the dark 
 
and swallows are journalis still twittering 
a city of crossed lines over six continents 
 
and oh New York 
you are a city of clever puns 
strung up like bright Chinese lanterns 
over a tea-garden 
 
but in China- town 
the lanterns are drifting 
according to the tradition 
like ghostly masks 
carrying the Souls of the Dead 
over to the Other Side 
 
oh New York New York 
the voices of the dead 
have grown dimmer 
in the cell-phones of the heart 
which frequently has to be recharged 
under the weight of this grief 
 
the messages of the dead 
ring out with one tune 
 
Oh New York, New York 
hey big spender we love you 
but remember, 
too much "state-of-the-art" 
also deadens the heart 
until it crashes 
like a stock-market.

Vir die vermiste vrouens en kinders van Ciprus  

Bo staar die bokgesigte 
van wit kranse  
met silwer bokbaardjies van olyfbome  
stoisyns uit oor die baai 
en die hoogtes waarteen 
stokou windmeulens  

soos antieke weefstoele hang 
wat hier nog die kant van 
amandelbloeisels spin  

of hulle staan teen die skemer horison 
uitgebrande vuurdansers 

of mesgooiers  
wat ‘n hele nag van sterre gooi; 
‘n soekgeselskap  
na vermiste vroue en kinders 

die soutwind van die see 
trek die bitter water 
van harte agter hortjies af 
in die uur van die siesta 

soos die eiervrugte 
wat op ‘n marktafel lê, 
die swart afgesnyde borste 
van Griekse vrouens 

onder ‘n druiweprieël van geswolle trots  
met krullende druiwedrade 
se flambojante handtekeninge 

op die blou versoekskrif van die dag 

en onder by die hawe verkoop  
jongmeisies siel en lyf 
aan dronk Turkse soldate 
wat steeds die bes bewaarde geheim 
van massagrafte verswyg 
onder hierdie eiland se lappieskombers  
van vreemde vlae aanmekaar gestik 

en waaroor niemand meer treur nie 

net die donker vyeblare hang 
weerloos slap soos die oop 
palms van gesneuweldes 
om swart vye 
van gemartelde monde 
wat tandloos prewel 
in die wind 

maar hierdie eiland behoort 
aan die bebloede sakdoeke 
van papawers gebind aan  
die goue kruisboë van koringare 

en aan die ou amandelbome 
wat nie meer bloei nie 
maar bot, 
met die sneeuwit koppe 
van die regverdiges 

en aan die jongmans 
wat uitvaar teen die wind 
in die seiljagte van hulle  
oop hemde 
teen die klam bruin maste 
van hulle lywe  
waaruit die meeue triomfantelik 
die blink vis van elke lag trek 

maar ook  behoort die eiland 
aan die huisies wat soos los donkies 
bondel in die mis 
of met bleek voorhoofde aandruk 
teen die rug van ‘n berg 
geblinddoek deur die mis 
of die Griekse vlag 
van hierdie wit en blou lug. 

* Daar word nog gesoek na massagrafte 
 vir vele vroue en kinder wat vermis word  in Ciprus.

Eiland van die vlinders 

(Die "tragos oidos" is koorsangers van Griekse Tragedies wat  met bokvelle  geklee  was en die geeste van die woude en die natuur
verteenwoordig)
                                    

Hier op die eiland omring 
met die grys vlegsels van ‘n olyfboord  
waarin vlinders soos outydse strikke sit 
en vrouens gekruisbeen ry 
op donkies soos meerminne, 
leef ook die Engel van die Dood 
die een Vlinder ongesiens 
tussen ander vlinders 
en uit die amber papies  
van kommerkrale 
uit die grys larwes 
van berge en grotte 
en die groen ruspes van branders 
word die siel herbore, ‘n metamorfose  
van Vlinders van Lig 

hier waar ‘n priester  
in wit kerkies van stilte praat 
in die geborduurde kruissteek 
van ‘n antieke taal, 
hier leef die Engel tussen die oues  
met hulle woorde 
‘n karige oes van olywe 
wat al minder word, 
hier waar lig uit die koper vlerke 
van die Vlinder soos loodvensters 
of goue geskilderde ikone stroom 
deur die groen hortjies 
van palmbome, 
en die beaugainvillea sy wynvlekke lek 

teen die wit tafels van huisies 
en die groen wynbottels van sipresse 
met witblink kerse vlammend hier   
om die Eiland van die Vlinders 
waar die meeue soos die tragos oidos  
die ou koorsangers in wit bokvelle 
steeds hul tragedies sing 
en vrouens gekruisbeen ry 
op donkies soos meerminne 
verby die vissermanne wat die nette 
van die siel sit en heel 
en stomverbaas ‘n seldsame vlinder 
in hulle nette vang, 
die spesie waarvan hul nog nooit 
die oorsprong kon vasstel of verneem.
  • Dr. Elizabeth Kübler–Ross het ook vasgestel dat Joodse Krygsgevangenes oral op mure vlinders geteken het wat haar laat besef het dat die vlinder ‘n symbool vir die dood is wanneer ‘n mens uit jou papie kom en die vryheid van ‘n vlinder ervaar. Ander mense het ook hierdie simbool voorheen gebruik vir die dood.
For the missing children and women of Cyprus

Goat-faced rocks stare stoically 
out to sea with silver 
wiry goatees of olive-trees 

against a sunset slope 
a tattered windmill 
standing solitary 
like a burnt-out fire-dancer 
or an ancient spinning wheel 
spinning a lace of blossoms  
over the brown spindles 
of a hazel-tree 

but at night this windmill 
is a knife-thrower honing it’s knives 
on these coastal rocks to throw  
a search-party of stars 
for the missing again 

sometimes the days are 
donkeys lost in the mist 

but at midday with the siesta 
behind shutters 
the sea-air is sweating off 
bitter water from the black 
aubergines of hearts 

and under the swollen pride 
of the grapevine with it’s calligraphic 
scribble of signatures on the fresh 
blue petitions of the air, 
between olives and onions 
the black aubergines lie on 
the market-table, 
the cut-off breasts of Greek women 

by the harbour –barracks 
young girls and women sell 
their bodies to drunk Turkish soldiers 
to solicit from them the secrets 
of mass-graves that no-one 
mourns anymore 

but this island truly belongs to the 
old trees bending crooked on the slopes 
with the snowy heads of the righteous 

and the red stigmata of poppies 
bloodied kerchiefs hanging from 
the gold cross-bows of the corn 

this island truly belongs to 
the young men faring out in the white
blinding sails 
of their shirts clinging to 
the brown fishing-boats of their bodies 
from which the gulls triumphantly pull 
the shiny fish of their laughter 

and the fig-trees with their leaves 
open and vulnerable like the hands of victims 
trying to cover 
the black figs of wounded mouths 

this island belongs to 
the bleak foreheads of houses 
backed into the mountains, 
blindfolded by the mist 
and it’s own flag 
of blue and white air.

* Today, the missing mass-graves of women & children in Cyprus are still being searched.


Picture
Island of the Butterflies 

Teasing waves of white butterflies 
spraying the grey dusty plaits 
of olive-groves 
and the sun shooting it’s painful rays 
from the crossbow of horns 
of a mountain-goat 

here on the Island of the Butterflies 
where women ride on donkeys 
like mermaids, 
she lives amongst others 
the Butterfly of Death 
with the soul a Metamorphosis 
of Light 
reborn from the amber cocoons 
of worry-beads 
and the grey larvae of caves 
and the green caterpillars of waves 
here where the old folk 
turn out with their words 
a poor harvest of bitter olives 
shrinking everyday 

and Light streaming 
from the Butterfly’s wings 
like golden icons 
or lead-plated church-windows 
streaming through the green shutters 
of palm-trees 
and the white candles flickering 
in the green wine-bottles of cypress-trees 
flaming around the island 
and the bougainvillaea leaking 
it’s wine-stains against the white 
tables of houses 

here on the "Island of the Butterflies" 
where the women ride on donkeys 
like mermaids 
and the white gulls 
are the "tragos oidos" 
the choir-singers in white goatskins 
still lamenting their tragedies 

and the excited fishermen 
repairing their nets 
as if it was the universal net 
of the soul, 
seem to have caught 
a rare butterfly 
the species of which 
they could not as of yet 
establish or find.


* The "tragos oidos" were choir-singers in Greek Dramas covered in goat-skins representing the spirits of the woods and nature who commented tragically on events.
Athene

Watter woordvulsels praat 
die gladde wingerdblaar 
van die tong 

is dit uilmis 
of die skoon wit rys van die gewete 

watter wysheid word opgedis 
eenvoudig maar eksklusief 
soos brood 
in pampoenblare gebak 

hier waar die siel vry  sweef 

tussen Korinthiese, Doriese 
en Ieoniese Baarde 

want in die tragi-komedie 
van die museum 
of die demokratiese 
armoedige tempels van Athene 

gaan dit nie om behoud 
van die kollektiewe Goue Masker nie 

en word die siel vrygelaat 
om self ‘n heenkome te vind 

in moord se uilkruike 

of jaloesie en wraak 
se potte versier 
met tepels van seekatringe 

of die blou gekraakte 
mosaïekpot van die Hemel 

so streng bewaar 
agter rooi laserstrale van die skemer.

Gorgona Tovtona Tavern, Greece

Picture







(Foto: Heidi Papadopoulos)


Die Pano Choros van die Pase
op Karpathios
 

die eiland Karpathios vas 
die dae bondel soos 
los donkies in grys mis rond 

op Goeie Vrydag loop en huiil 
die mense in die strate 
vir die jaar se afgestorwenes 

die wind kom van die see af op 
asof dit ook saamhuil en 
met klappende hortjies kla 

maar in die middag dop  
die huisies aan sagte ure  
in pienk geel en blou marmer af 

Saterdag is lamslag 
en op die spit braai 

terwyl die eerste bote  
van Piraeus en Rhodos  
begin aanmeer in die baai 

daar is Epitaphios in die velde ook 
wat bedags geseën word 
vir die uitbreek van die lente 
waar die goue en pers blomme 
glans in die gras 
soos kerse voor ikone 

teen elfuur vlam jongmeisies 
‘n paasprosessie van papawers 
met swart harte omgeborduur 
in wit pienk groen en oranje kostuums 

om saam met die gemeente 
die kerse in die kerk aan te steek  

en die kindertjies soos voëls hang 
aan die toue om die klokke te lui 

om middernag gaan die vreugdekrete 
soos vuurkrakers op 
‘Christós anésti, Christós anésti‘ 
‘Christus het weer opgestaan’ 
Christos Allithos, Christos Allithos 

die vas is gebreek 
Sondag word rooi baniere gedra 
en feestelik ge-eet 

die lier gespeel 
en iemand sing die Mantinade  
wat vertel van ‘n aanstaande bruidegom 
wat terugkeer in die tyd van die Ottoman 
om op die eiland te kom trou 

want paastyd is ook troutyd  

en Maandag staan ‘n ou vrou   
soos ‘n windmeul  
met ‘n grys bakplaat vol deeg 
op haar kop 
en ‘n bakplaat aan elke arm 

vir die bak van die paasbrode 
die koulourias in ‘n buiteoond 

jongmeisies en vrouens volg 
‘n banier van die Heilige Maagd 
en dra mandjies vol breekgoed 
en beddegoed van ‘n aanstaande bruidegom  
na sy verloofde se ouerhuis aan 

teen die aand na die troue 
begin die dansfees 

die koel wind van die see af 
ruik na bloublomsalie en marjolein  
wat bergop groei 

die son sink agter die berg 

die oumas vang sugtend 
‘n laaste paar goue strale  
van herinneringe in hulle brille op 

die sirkeldansers van die pano
choros kring uit 
op die pers teëls van die dorpsplein 

die lier, die bouzouki 
en die tsambouna gemaak 
van bokvel 
word al gestreel en gestem 
soos ‘n bruid 

vir die kletterende deurnaglied 
wat al vinniger en vinniger 
oor die heuwels begin dreun.

Autumn haiku’s 

It is time again for the swallows
to come and write their haiku’s 
against this soulful sky
 
maybe they will write;
 
and suddenly I remember
my hair falling
like wet autumn-leaves
over the glassed in dream
of your face
 
or they might write;
 
cold pigeons
in squares of sun
practising their Latin chant;
Ubi caritas Ubi caritas
 
and I am as lost as them
as lost as this dream-filled sky
 
with clouds slithering by
like giant white squid
 
and the wind losing itself
so completely in the trees
 
like a child opening his
bright presents,
 
my body hanging
 
the golden thrill
and flicker of a poplar
 
in the ice blue wind
of your eyes
 
they might even write;
this dream-filled sky
is a dragonfly
 
with the intense electric blue
of this autumn-air
 
a silence hanging on  inner wings
of turbulent shadows
 
still sparkling  watery
moments of sun-filled clouds
over emerald green banks
and purple mountains.
Die aarde lê verstrooi

Met na-doodse gedagtes
van ‘n geliefde,
vrugtehoutjies
wat jy versigtig optel
soos sjinese stokkies
om nie een of ander seer ruimte
in jou
of van die dag te versteur nie,
soos mens versigtig
om die wonde van sekere dae leef.

 Soos die seer stilte van ‘n dag geklief
deur ‘n karalarm wat soos ‘n voël skree
uit die boom van diaboliese vrugte
met takke wat eindig
in swart nat gesplete hoewe.

Maar op hierdie helder winterblou dag
is die lug vol wit ligte wolke
watte gepak
om die seer blou ruimte
van Jesus se Heilige Hart.

Dis weer tyd vir die swaels

om hulle haikoes te kom skryf
teen die herfslug

in V- formasie van lettergrepe
sal hulle dalk skryf;

           daar is geen
    werkvreugde
soos die van
    die houtkapper of
        vink of mossie nie

 of miskien;

          skielik onthou ek weer
     hoe val my hare soos
nat herfsblare teen
     die teer gedroomde
          ruit van jou gesig.

of dalk

         blare dryf soos pers 
     harte al verder uit op
  die water en al
       losser gelaat
           van hulle vrese
Glorious Autumn 

We hear the wind
walking in the leaves
whispering "I AM, I AM"
reassuring us before each
freezing winter which seems
to become colder each year

and above
we see the swallows writing
their haikus in the sky,
turning their visors of
v-patterns against the golden
watch of a late summer-sun,

these dark-winged words
in their heavy patterns
suddenly losing their rhythm
and turning into
silvery flecks of silence
and randomly falling from
the sky
like grey and bronze
autumn-leaves,
as the quicksilver of an autumn-sun
steadily eats away all the gold of
a late summer
until it lies in heaps of graves
under the trees
naked like stone-angels
with their stare beyond time

or shards of water’s
broken mirror

and when I dare to ask
these swallows who have
certainly travelled much,
and certainly have seen
other worlds,
about the future of the earth

they suddenly turn into
black arrows hitting
the bleeding heart of the sun

as the arrows of Jonathan
hit the golden harp
of David’s heart.

Ons vlieg eers die sirkelgang 

Van water vuur
grond en lug

en trek dan swart pyle van antwoord
oor ‘n kwynende aarde
deur die  waas van ‘n vraende lug

tot in die bloeiende hart
van die son;

soek julle antwoorde

in die lawa van die lug
met sy smeltende son
'n maelkolk van
meegesleurde blare
wat lê in die spieëls
van waterpoele

en die ou aarde wat sukkel
met ‘n oorgang van seisoene
met sy siek hart
ook al lankal vervang
deur ‘n vreemde komeet
en nou triestig gekoppel aan
'n neonpasaangeër

wat met groen grafieklyne
van ‘n laaste hoop opvlam
soos varings in die son

of vlietende vlinders
van son-en-skaduwees gelek
uit ‘n laaste geluk
van goue gespinde lug

en die herfsmaan wat wieg
'n  engel uit Openbaring se goue sekel tussen die takke
'n magneet wat gewigtig met die swaar
eensaamheid van al ons donker drome
ons tog nader aan die hemel probeer trek.
Te veel junk-DNA.

Uitgedryf deur ‘n koue
wat elke jaar al vroeër kom

sit ons in hierdie herfslug
se droomwarm son

want herfs is ‘n boom van gedroomde lug
waarin ons soos voëls kom sit

met wolke wat laag
en swaar hang in die takke
soos nat donskomberse

en tortels wat die lug
louwarm mompel
soos kinders in hulle slaap

en ons beweeg en luister
stil en stom
in hierdie lug se water
van winderige son
en kabbelende blare
waardeur ons gedagtes
met rooi en geel ganspootjies
van gewebde blare roei

versigtig om nie die blink rimpelende
vel van die lug te breek nie

en herken in die onsamehangende klanke
van opgewonde voëlgeluide

die regmaak om op reis te gaan

en gaan self ook op reis

elkeen 'n herfsboom vol junk-DNA
op pad om weer
met die Ware Self te versoen

en op hierdie herfsoggend
verdwaas te land
met te veel bagasie

iewers op 'n vreemde lughawe
of in 'n verkeerde trein

elkeen met sy blaretas vol
meditasies, medikasies
en ook te veel mutasies.

(Volgens moderne wetenskaplikes het die algemene telling van genetiese mutasies per persoon gestyg tot 175 mutasies per persoon.
Mutasies is meesal negatief van aard  wat die ewolusietoerie in die skaduwee stel).
Requiem van die herfs

Die blou naaldekoker van die lug
wieg aan vlerke van skaduwees
wat pers berg en turkoois heuwels
en goud uit die son flits

jy kom haal my
soos ‘n herfswind
jou blare se purper mirre
en goud
te ryk vir my weemoed

die dag lê en bloei en bloei
om die oop donker are van skaduwees
rooi herfsblare
wat verdor en verkrummel
tot bitter kruie gemeng
in die wyn van die aand
om die pyn van die aarde
'n bietjie te verdoof

soos die alchemie van hierdie seisoen
so ryk aan
kleur en beweging
en goue gloed
maar so geestelik aan die bloei
met geroeste kettings van blare
wat swaar soos ons gedagtes
sleep en skraap oor die aarde

maar uit die wind se ewige onstuimige
gewieg van blou naaldekokers in die bome
aan vlerke van son en skaduwees
en ons gefragmenteerde gedagtes
wat dwarrrel en waai soos herfsblare
en wat ons probeer bymekaar hark onder
pienk wasige wolkies van emosies

keer ek terug
na ‘n goue stilte

en sien weer jou oë
sag soos ‘n liefdesgedig

ek sien weer
hoe hang my lyf

die goue ril en flikker
van ‘n populier 
in die warm blou wind van jou oë.

Tango van die Augustuswind.

Augustusson nog wollerig
blink na ‘n windslaap
en van ‘n nuwe gelaaide
elektriese energie,
wat ook blink aan alles klou, aan
joggers en karre en skoolkinders
en uitgelatebuite snuffel en
spoorsoek na die
diewe van die nag,
sy dans kaalskerp en onbeskaamd
voor ‘n oop venster
en wys elke stofdeeltjie
van ‘n dansende ongeduld
oor die lente op.
 
Vanaand sal sy die laaste tango
van die augustuswind dans
met geswelde buik en rug gebuig
in die omhelsing van laaghangende takke,
met kop agteroor gegooi
sal sy stadig die swaar hartstogtelike laaste
tango van ‘n onnoembare verlange dans
 
tot alles begin kraak en skeur
en vensters oop vlieg soos koffers
vol van die son se skaduwees
wit sneeublare van babaklere
en die winde is nou ook meer
klinies blink, vinnige wit geneeshere
wat met koorspenne van oranje boslelies
die koors van die lug kom meet
in die donker oksels van bome
 
buite hoor sy hoe laggende groen tennisballe
van base wat honde loop,
wip oor die wintertafels gedek
met swaar silwer van ses messe
en lepels en vurke
tot die vismesse van die lentereёns
die aarde ook los laat gly
tot wit glinsterende grate van lig
 
al meer groen tennisballe van kinders
aan toupale slinger soos nuwe laggende
spitvondighede tussen mekaar
 
maar in die bome swaai die nuwe
groen neste in die wind
soos angstige vraagtekens
waarin die wyfies die eiers
van hulle antwoorde moet kom lê.
Die renoster se skip het gesink maar die legende bly. 

Op besoek aan die klein eiland If
naby Marseilles
kom koning Francis 1 van Frankryk
in die jaar Vyftien-sestien
op die Indiese renoster af op pad
na die Pous as geskenk van Koning Emaneul
van Portugal.
Die dier seker met ysterharnas aan
en hoewe dalk beslaan het saam met die skip gesink.
Die legende oor die dier het egter voortbestaan.
So ook deur die ets gemaak deur Dürer
wat fyn en raak die loodswaar rimpels en wimpels
en geskaduweede rondings kon verhaal
en nooit die renoster gesien het of enige ander een nie.

Picture










Petticoat Laan, London, 1980.
(Foto: Heidi Papadopoulos)





Sonkykers van Afrika.

Ons huisies in gepantserde sink
met growwe baksteenvel
en vibracrete stert
staar met solêre roloog
aan geskubde kraag
elkeen omhoog

sonder enige beweging
met ‘n halfuurtjie
se kragonderbreking
om energie op te gaar,
staar ons ry op ry
soos sonkykers
stil na die horison
elkeen met ‘n stekelrige hoop
op ‘n beter toekoms.
Krismis-blues.
                                  Port St. Johns -1978

In die stil donker lagune
hoor ek in die oggend
die loerie wat roep
uit die kou van die maan
loerie wat roep om reën
van die nuwejaar

in die nag met sonsteek
en wange gebrand tot pienk kougom
het die son se kaleidoskoop
van krismispatrone my kop
in skerwe gedraai

my bene is skewe riete
my bootjie dryf moeg
teen die pont van jou liggaam,
bots teen oggendskottelgoed
die sis van ‘n stofie of ver stemme
‘n stort, of ‘n dromerige kitaar

om een-uur ontplof die radio
‘n Jerusalem van woorde;
ons drink wyn
eet kaas en olywe
se swart oë van pyn

in die middag jou lyf
‘n rooi sjinese bruggie gebuig
oor my gesnik en snuif

tot ek skielik sien
daar kom storm
want die see is donkerblou
soos die wildepiesangblom

in die rondawel van jou arms
is ek die loerie wat roep
uit die kou van die maan,
loerie wat roep om die reën
van die nuwejaar

in die stille heilige nag
van kerse en vuurwerke
wat soos droewe vure oor die water
na ons toe dryf
wanneer ons luister hoe die koor
van die weeshuiskamp
al harder hallelua
teen die heuwelhang

soos die druppels
wat al harder en vinniger val
deur die nag

tot die son ‘n bokpaadjie begin klim
tot bo waar die nat proteas
soos papierlanterns
hulle laaste krismis blink

en ‘n haan  kraai
soos ‘n kind wat  wakkerhuil
tussen die aalwyne
van blou brekfisrokies

en die oujaar begin uitloop
onder die berg,
‘n vuil pienk lagune
in ‘n skoon soutsee.

 Jerusalem

What to write about
Jerusalem
other than that it is
"a state of mind "

with old synagogues
staring blind
with faith
it's closed up windows
with the stubborn
burglar-proofing
of pigeons and stars

and old men in the gardens
stroking long white beards
like prayer-shawls

or little white mountain-clouds
of holiness

in this Jerusalem
with it's ruins
and old buildings
like old recurring thoughts
in which we like to dwell
in which we like to  'come apart '

protected by
armies of palm-trees
with their branches 
the rusted swords
of an old bloodline of kings
and flower-markets of humility
and the slopes of hills
with the barbed wire
of olive groves

or the green fire columns
of cypress trees
smoking in the sun and
leading paths bomb-free 

through the public gardens
where two teenagers
make out

on an old grave
without letters
like a man without teeth

and this old grave
the unofficial
undeclared monument
of a holocaust prisoner

in the underground 
of a universal religious mind

and yet the sky
always seems to have
an open mind

like the soft toothless 
smile of an old man

and the streets friendly 
with bodies
warm like camel-dung

and sometimes dark clouds
would pass

like lorries full of hostile soldiers
blocking off the sun
from the city-gates

and tourist and trader
trying to read
each crack each shadow
these Hebrew letters
on old yellow and white walls
like the parched pages
of the Torah 

and camels
with their tired displaced
faces of unease
like the three wise men
from the East

in this Jerusalem
this Ark of the Covenant
with it's city-gates at night
flooded with light
like raised angel-wings 

with the hammered gold of the sun
on it's stonewalls,
with church-spires and minarets
like incense-burners and golden 
domes of bowls and scull-caps
fired over the blue mosques
of shadows
and smokestacks like trumpets
hanging against the velvet
curtain of the sunset

and oh Jerusalem
your lowly shrubs
are the bitter herbs
of our sins
floating in the wine of our evenings

making us thirst for more
of the Evensong
the joy of your heady hours

poured from the upturned 
domes with crosses
like Holy Grails

and the scull-caps of synagogues

and the Turkish coffee-pots 
of minarets 

until we see
the unleavened breads
of your hills
glowing golden
in the green olive-oil of the sun

these hills full of women and men
nursing the national plant
of their hurt pride

a bloodline of dark sullen roots
like Hebrew letters

learning to adapt
in a desert
with the cheerless weight
of too much light
and feeling again
the ‘phantom-pains ‘
of a former desert-life

waiting in these towns
where gray and white mules
of the clouds still turn
the old mill of the earth

here where they await
there Messiah
like rain 

where they await the Messiah
to calm the bushy
restless eyebrows
of their leaders
like bits of tangled palm-branch 

their eyes with pockets staring
like dark desert-wells 

and young soldiers taking bullets
to their flesh
with the ease and arrogance
of a second skin

and their second breaths
dark tired trains
clinging to the tracks
of their women's bodies

hurtling and clinging along
the bodies when they pass
the treacherous hills
and valleys of their dreams

reaching out
for the warm brown clay jars
the high cheekbones
of their women

hidden amongst the salt-pillars
in the Dead Sea of their dreams

hanging on the shifty prefabricated
walls of peace-talks 

and oranges in the kibbutz-orchards 
are nightlights left on 
for children scared of the dark

in this Jerusalem
where there history remains
a valley of dry bones
soon to heal and to grow
into olive-groves and vine-yards
of ancestral understanding

in this Jerusalem 
where we still hear

the wind of our “Second Comings “
in the rams-horns
of crooked olive-branches

and pasted over the bullet-holes
in the synagogue

we still hear
the heroic vibrant Hebrew song
of brightly colored children's art.
Ou Jerusalem

Ou Jerusalem,
ek loop vanaand
tot by jou stadspoort
waar die maan
soos ‘n sabel hang
en dreig om jou in te neem,
jou goud en grys en blou

ou Jerusalem
die groen palm van my hart
staan vol roes en kla vanaand
by jou poort soos ‘n seersiek bedelaar

leen my ‘n muil, ou Jerusalem
dat ek deur jou kan ry
verby elke ou muur vol krake
soos reëls op die geel bladsye
van die Torah

dat ek deur jou kan ry
jou bouvalle soos ou vergete gedagtes
waarin ek so graag weer verval,
die ou Jerusalem beskerm
deur ‘n weermag van palmbome
met takke die geroeste swaarde
van ‘n ou bloedlyn van konings,
bo blommemarke van nederigheid
of die doringdraad van olyfbome
en paadjies wat bomvry loop
verby elke sipres 
se groen rokende vuurkolom

in die bouvalle waar twee tieners
vry op ‘n graf sonder letters
soos ‘n man sonder tande
(die oningewyde monument vir krygsgevangenes)
waar die maan ‘n sabel hang
oor die sinagoges wat in blinde geloof
staar met die diefwering van
duiwe en sterre

leen my ‘n muil ou Jerusalem
dat ek uit jou skaduwees kan ry
wat ‘n mosaiek van blou teëls gooi
teen die goue koepel van die skemer
verby die stinkstroompies en die lug,
wat ruik na warm soet kameelmis
in die basaar
met koper koffiepotte van minnarette
en die gehammerde goud van die son
op jou steenmure,
die oop stadspoorte saans verlig
soos die goue engelvlerke van die Ark
voor die fluweel voorhangsel van die skemer

leen my ‘n muil of ‘n kombi
of ‘n kameel
dat ek kan ry verby jou skandmuur
wat soos ‘n aardbewing deur jou trek
en die Richterskaal van haat
al hoër laat kerf,
ou Jerusalem dat ek kan ry verby
die doringkroon van lemmetjiesdraad
om die koepel van ‘n kerk
waaraan die bebloede vlerke van die aand
hulle note sny
om ons met ‘n Nuwe Lied van Liefde te bevry

leen my ‘n muil dat ek kan reis
tot waar die skape wei
tussen kamele soos ou wyse manne
en die wind herois uit die skewe
ramshorings van olyfbome sing
by Betlehem en Nasareth
en van Tiberias na Sharon
met elke huis ‘n wit gedekte altaar
geborduur met blomme
vir die Tweede Pinkster se feesmaal

dat ek kan ry langs raserige luidsprekers
en videokameras en die vredesduiwe
van ons slagspreke
tot by Tiberias Beerseba en Hebron
waar die grys esels van die wolke
nog die watermeul van die aarde draai

dat ek uit jou kan ry na die vrede
van Capernaum en Galilea
waar die vars skoon wind
die roes dryf
uit die groen palm van my hart

en die stilte lê
‘n berg met wolke aan die mas
en die swaar nette van vrede
wat saans nog skeur
met vermeerdering van die sterre

leen my ‘n muil
of ‘n kombi of ‘n kameel
dat ek weer terug kan ry
tot waar sy ,Olga Kirsch , sit en aanbid
in die ou openbare tuin
met sipresse wat donker tossels
teen die bededoek van die hemel hang,
die skemer kapel omgewe met wierook
van plante en struike
voor sy haar huis binnegaan
en gou reg trek die skewe portret 
van ou Generaal Bengurion

soos haar rok
en haar voete rustig raak
onder die tafel soos duiwe

want sy skryf
die nuwe ou Jerusalem van ons drome
die bouvalle soos ou vergete gedagtes
waar in ons so graag verval
en die berge om die ou stad
toegeprewel met wolkies van heiligheid
soos wit lang baarde
van rabbis en priesters
op bankies in tuine 
voor moderne swart grafmarmer
van geboue en beelde
en vensters wat vlamvat
met brandende bosse van die son

maar ou Jerusalem ek hoor nog
herois elke helder herout
uit die koeëlbeskerwe muur
van ‘n sinagoge toegeplak 
met die vreugdevolle hebreeuse lied
van ‘n muurvol kinderkuns.
CHRISTMAS-BLUES

                       Port St. Johns, Transkei 1978.

The Christmas-balls have broken
on the journey over
the mountain
trailing the caravan around
bends

with goats tumbling from it
like huge rocks

we have soon replaced them
with coulored snooker-balls 
challenging the local kids 
to a game
in a homeland hotel

and the local youth bringing out
their donkeys and spotted and patched
mules and horses
like their rustic blankets,
for us to ride
for a few coppers or dimes

in the mornings we ran out early
to swim
in the brown foamy
Coca-cola-waves of the new sun
breaking day over the rocks
like bread

cheeks cheerfully burnt
to pink bubble-gum
saltwater and sea-wind
teasing
sticky unknown lusts
out of our brown teenage bodies

before the on-take
of the inevitable yearly
Christmas-blues 

children from the orphan-camp
singing their hallelujahs
in the “silent holy night “
of fireworks and candle-light
the candles drifting
over to us like fire
on the dark water
until the bright insomniac
sadness flares up in us

my weak legs shivering 
like yellow bent reeds
in the water,
the canoe of my body

hollow and rigid with tiredness
battering against
the dreamy pier
of your body
in the morning when I hear
in the still dark of the lagoon
the rain-bird still calling
from the gilded cage of the moon

at one o’clock the transistor explodes
into another Jerusalem-attack
of words
lying shiny black olives
of pain
on my plate 

the red Chinese bridge
of your body arched over 
my sudden heavy sobs

and two little boys                                       gaping at my swollen eyes
like the little red fish
they are trying to catch
in their brand-new nets 

in the rustic bungalow
of your arms
I am the rain-bird
in the afternoon
calling from the gilded cage
of the moon

calling the rain of the new-year
on old-year’s eve

until I see the warning
of a storm in the colour
of the sea
dark-blue like the flower
of the wild-banana-tree 

at daybreak the rainbow
of the berg-rain
hangs like a web in the mist
with little dark things still
caught up in it 

a cock cries like a local child
and under the mountain
already smoking out
it’s blue aloes
of breakfast-fires,
another year washes out
it’s dirty pink lagoon
into the sea.




























































Picture
 Freedom - by Heidi Papadopoulos



    Contact Me

Submit
                 Important books