Laatmaart
Skollies is meer dikwels tuis, luier
onder bome aan die uitsak by vergeel
verby, en die luggie wat altyd in die hoek
bly lê wil opstaan, wankelende wind.
Die kilte klim deur tralies en kom hang
rond in die huis, volg ons stil-stil dog
met genoeg skimpe oor ‘n kouer broer
wat straat-af wag. Alles kry ‘n swaarder
skadu en ‘n valer vooruitsig. Vuurhout
bak uit in stapels in die agterplaas
en gas druk ongeduldig in loodpype.
Die eerste enjins stol, vensters begin
die wasems vang. Vuiste knyp in sakke
en die skouers krom: Soos elke jaar
is die winter vroeg reeds aan die kom
onder bome aan die uitsak by vergeel
verby, en die luggie wat altyd in die hoek
bly lê wil opstaan, wankelende wind.
Die kilte klim deur tralies en kom hang
rond in die huis, volg ons stil-stil dog
met genoeg skimpe oor ‘n kouer broer
wat straat-af wag. Alles kry ‘n swaarder
skadu en ‘n valer vooruitsig. Vuurhout
bak uit in stapels in die agterplaas
en gas druk ongeduldig in loodpype.
Die eerste enjins stol, vensters begin
die wasems vang. Vuiste knyp in sakke
en die skouers krom: Soos elke jaar
is die winter vroeg reeds aan die kom
Midwinter
Hy dring hom op, moet gevoed word
met vuur veral, so nie kom byt hy jou
in die rug, trek strepe in die blaarlose
sand, maak gebare teen die vuil lug
in die kaal bome. Sodat jy liewer verby
moet skuur ingeval jou jas vashaak
en jou terugtrek in die rye geleun
teen die muur, die sout van sop
om lippe gebars in die droë son.
Hy’s die boelie van die buurt, ledig
die strate, laat sy bende sit en bibber
in hul karre, traag in die vroegste
uur om onnodig deure in te skop
as die bewys van sy heerskappy tog
grys lê oor die herd se dooie kole
met vuur veral, so nie kom byt hy jou
in die rug, trek strepe in die blaarlose
sand, maak gebare teen die vuil lug
in die kaal bome. Sodat jy liewer verby
moet skuur ingeval jou jas vashaak
en jou terugtrek in die rye geleun
teen die muur, die sout van sop
om lippe gebars in die droë son.
Hy’s die boelie van die buurt, ledig
die strate, laat sy bende sit en bibber
in hul karre, traag in die vroegste
uur om onnodig deure in te skop
as die bewys van sy heerskappy tog
grys lê oor die herd se dooie kole
Vroegoggend
Vroegoggend om vieruur in die periode
van vuurstook in die laaste kole voor
die groter brand anderkant die horison
oorneem, in die holste koue spook
die nag se mislukking in die oorpyn,
die dommelende droom. Soos ‘n alarm
wat vassteek begin eers een voël te jil
en dan die koor, al skriller note. Lig
het ongesiens verby gesluip, hurk
agter heinings vir die regte tyd. Water
in die kraan sukkel uit, met die glas
teen jou lippe kan jy hoor: die kwettery
het opgehou. Nes die meubels verstar
jy eers, drink dan die heilige lafenis in:
die leegste oomblik in die nag se stilte
van vuurstook in die laaste kole voor
die groter brand anderkant die horison
oorneem, in die holste koue spook
die nag se mislukking in die oorpyn,
die dommelende droom. Soos ‘n alarm
wat vassteek begin eers een voël te jil
en dan die koor, al skriller note. Lig
het ongesiens verby gesluip, hurk
agter heinings vir die regte tyd. Water
in die kraan sukkel uit, met die glas
teen jou lippe kan jy hoor: die kwettery
het opgehou. Nes die meubels verstar
jy eers, drink dan die heilige lafenis in:
die leegste oomblik in die nag se stilte
Eerste reën
Eers is daar die koue loop teen
jou nek wat jou half laat koes terwyl
jy dink oor hardloop na die naaste
skuilte en of jy die gespat van groot
vet druppels sal vat soos ‘n man,
aan erger dinge gewoond en beslis
aan bluf en bangmaak. Dan begin jy ril
en steek vas in jou spore, probeer
jouself uitlig uit jou hemp met hande
half in die lug, want speel kan mens
nie met die lem wat jou kraag insypel
en streel oor jou sleutelbeen, ‘n speek
dalk of net ‘n herinnering, dog kil
van dodelikheid: jy oorweeg dit sterk
om jou aan die somer te laat gysel
jou nek wat jou half laat koes terwyl
jy dink oor hardloop na die naaste
skuilte en of jy die gespat van groot
vet druppels sal vat soos ‘n man,
aan erger dinge gewoond en beslis
aan bluf en bangmaak. Dan begin jy ril
en steek vas in jou spore, probeer
jouself uitlig uit jou hemp met hande
half in die lug, want speel kan mens
nie met die lem wat jou kraag insypel
en streel oor jou sleutelbeen, ‘n speek
dalk of net ‘n herinnering, dog kil
van dodelikheid: jy oorweeg dit sterk
om jou aan die somer te laat gysel
Hael
Vol erns raak die ding as jy opmerk
die druppels is nou vaalwit en spat
vinniger en venyniger uiteen, gaan
lê soos knope van ‘n oopgeplukte
hemp roerloos in die gras. Die piets
in die gesig kan jou nie meer as vies
maak nie, maar dit gaan oor wat nog
kan kom: stene so groot soos ‘n vuis
met blink kristalringe oor kneukels
wat duike in die bakwerk laat, hale
oor die arms, die rug van die hande
koes oor die kop gevou, terwyl nat
takke knak in die boom en die blare
dwarrel en teen jou wang kom plak,
‘n outydse handskoen se smak
die druppels is nou vaalwit en spat
vinniger en venyniger uiteen, gaan
lê soos knope van ‘n oopgeplukte
hemp roerloos in die gras. Die piets
in die gesig kan jou nie meer as vies
maak nie, maar dit gaan oor wat nog
kan kom: stene so groot soos ‘n vuis
met blink kristalringe oor kneukels
wat duike in die bakwerk laat, hale
oor die arms, die rug van die hande
koes oor die kop gevou, terwyl nat
takke knak in die boom en die blare
dwarrel en teen jou wang kom plak,
‘n outydse handskoen se smak
Is vis
die woord is vis
ek vis hom met
my visstok
vis te groot: visdis
net vis wat klein is
lewe nog ’n maal
vis vermis: visvry
vis wat aspris is
glip verby
vis onder water:
vis wat vlot is
haal die paal
vis sonder water:
vis wat vrot is
nie te vermy
dis vis met lis
waarmee jy beslis
jou misgis
die woord is
visstok, en vang
vir my, die vis
ek vis hom met
my visstok
vis te groot: visdis
net vis wat klein is
lewe nog ’n maal
vis vermis: visvry
vis wat aspris is
glip verby
vis onder water:
vis wat vlot is
haal die paal
vis sonder water:
vis wat vrot is
nie te vermy
dis vis met lis
waarmee jy beslis
jou misgis
die woord is
visstok, en vang
vir my, die vis