Lywe wat losgekom het
Langsaan
Sy stap stil gekrom met rooi mus teen die knop van die straat uit met haar asem wat al korter tussen stote kom. Voorheen het sy gepraat ook as sy ‘n marathon hardloop; nou het haar hare uitgeval, sy sê ook die van skaamplekke (dit kon dalk mooi wees was dit nie so siek nie). Urine ruik pure pulp en gal, kos proe na vlekvryestaal, sauvignon bleikwater. Haar mond lag nouer (nie wyd soos skreeue nie) en bid dat alles verbygaan haar dae het rou geword nagte soos roet Sy luister nie meer soggens nie, hoor net die bure se ringnekke roep en roep. Daar kom nog 'n bundel - van die bondel hierbo. |
waanlig
Kyk die silwerstuk sit hoog in die lug! Kom saam my op verbeelde tog die digte woud in, hoor hoe huil die winterswind en wolwe, klein ritselings haal asems onder ons voete. Loop dig teen my (Ek is nie bang nie, al het duisend fluisterings aan die anderkant van bome monde en oë wat saam snak) met die spore van spatsels maan op gekreukelde blare. Kyk, die hemel breek ook, stort helder teen stamme af! Op stompe vlam fungi rooi en oop. |