Non, je ne regrette rien
So kom ek dan om. Kyk, ek is kaalvoet, mens het nie skoene nodig op hierdie laaste vlug nie, (the grief doesn't last, it is gone, I forgot the past) ek duik die ewigheid in, my lyf ‘n wapperende monoloog in hierdie blou kaats van glas as ek my asem in verdiepings meet, in die suising van my vryval alles wat belangrik was vergeet (it is something quite new like nothing I've known) en ek krimp al kleiner in my lyf tot een laaste polsende besef: (no regrets) dood is dinamies in die lug. Post-traumatiese stressindroom dood is immers net ‘n ander manier van asemhaal: hoor hoe my stilte snak na klank kyk hoe stuit my trane en roes aan my binnewande vas voel hoe klots my hart teen my eindelose ribbekas as ek ou oorloë herlewend wil ontrym in klakkelose verse, met rustelose bene naglank vlug voor die geweld van vuisvoos verdriet en dromend stom verklarings aflê in kil kantore waar uniforms harder praat as die lywe binne-in daarom stotter ek verby my oë verby my keel my bors verby die spieël en al die hande wat oningelig wou troos ek slaan my oë op in isolasie en my hulp kom van die woorde: ek kan jou nie liefhê nie in dié gedig kan ek nie huigel nie
Delirium
“It is amazing how complete is the delusion that beauty is goodness” ― Leo Tolstoy My land is ‘n sonbesie, haar lied ‘n skril vlieg op die lippe van die kleintjies. Agter die note kerm die voorgeeste in die tromme, huil die mbiras oor ons wat die kore versaak het. Kom, ruk die stiebeuels by my ore uit, rol ‘n doofheid in die komme van my ore, die wit van branders op die rotse dat ek stom word onder die geraas. Ek hoor nie die grom van hakke se misnoeë op die sypaadjies nie. My land is vaal onder die stof van my gewete: pluk af die leisels van die plat berg se houvas op my verlede en lei my aan die neus. Maak my kieste vol met die woorde van my pa en die pa daar voor hom, voer my dat ek weer my tande kan breek op die pêrels in die orakels se oë; trek ‘n stink, dun vlies oor my derde oog, laat die skille oor my brein groei tot die rommel in my lobbe teen my skedel klop. Kleur my hare wit, ek wil my wysheid inverbeel, nié sien hoe dik en slymerig die wêreld sluk aan sy belydenisse nie. Dra my die winter in, weg uit hierdie konsentriese toeristekamp. Maak die velde van my kinderjare oop, toe alles wat mooi was, goed was. |
Mara
deesdae plooi sy haar mond in vroom geliefde gemeente-voue maar niemand weet dat sy ‘n haan drie maal in haar eie stem hoor kraai het nie niemand hoor hoe die sleepstem van selfverwyt aan haar tande knaag nie niemand sien hoe suur mens se speeksel jou verhemelte kan skuur nie die Here weet alleen dis bitter om dié aalwyn te herkou Droomvanger droomvanger, gaan haal my lief: hy wat in die eons tussen sterre en atome leef – so onbereikbaar ver so naby soos my asem, selfs in my slaap is hy ‘n eggolose silhoeët, kontoere sonder lyne droomvanger, hou vas my lief kyk hoe onrustig bloos die maan en frons verby die storms in sy wange, my oë is vol uile ek huil fladderende jeremias sonder sandale in die donker, hulle unisex geheime vol voorbodes en heiligskennis droomvanger, laat los my lief en vertel vir hom die nag kwyn agter gordyne, hoe aards, hoe bloederig lub-dub my hart, die pyn van kennis is enkelringe maar kyk, ek gee my eie kwantum treë: tussen skelet en senings en rou are het die reën tog weer gekom Purple shadow
The wind whispers dead words in her lap, pushing lies and broken sentences beyond her understanding, past his right hand feigning impotence on the pale blue tablecloth, his palm turned away from her distress, four knuckles stacked against their past. He crosses his legs to ward her pleas off, one foot tap-tapping to his restless tune, confident in its leathered indulgence, mocking guilt and yesterday’s bouquets. She hangs onto her collarbones, hiding in the purple shadow of the pepper tree they planted way back when bees still married flowers, then he drives the last nail home, tearing through their paintings of cocktailed conversations. She gasps and exhales dust as he gathers up a whirl wind and turns the garden into leaves Masakhane Vanoggend is die koppies rooi, grond en klip rooi soos die kennis van kwaad, soos yster, gruwelik en polsend in ons monde, op ons tonge die drif van stof opgesweep deur voete, ritmies, malend, taalloos stamp ons die lewe onder ons sole uit: ons kele klem ons voete se klanke vas. Ons word ’n gety, ‘n golf van vrees, ‘n vreesaanjaende massa moed. Wat in die maag is, loop by die oë uit. Ons tande flits, flits in die son, ons hande vuis om die son: die son is bloed, die son trek water op ons wange. Hoe steek ‘n mens die winter oor as honger aan jou ingewande knaag soos ons aan die ingewande van die aarde knaag, soos ons aan die ingewande van geweld wil knaag, met rubberkoeëls en masjiengewere aan die vrede beitel tot die stilte kraak. Lewe loop rooi spore in ons are. Ons loop koud en warm uit op die grond, steek die winter met rooi hande oor. Religious S & M This night speaks for itself: its darkness a studded glove you howl against, the moon and stars our captured audience. I am a storm that rides the earth: as my whip races down to meet your submissive flesh you cry out at its exquisite licks, begging for mercy, praying that this pelting rain will never stop. Aroused now, you tremble, tied up by your faith |
Marilyn Monroe
Olimpus het na Los Angeles verskuif, toe kom jy en word in camera godin, maar die kollektiewe mond trek skeef as sterflinge gode word. Kyk, dié wulpse wond bloei ook by die sye uit, jou oë weet dat gode in hulle dertigs sterf. Toe sluk jy maar die bitter pil. |
die mond is ‘n dief
die mond is ‘n dief, my lam, in die nag is daar nie woorde nie, net die mag van hande en die klam gelykenis van jou lyf en myne kan ‘n wond so woedend in die donker bloei en teen sy ritme rebelleer soos jou hart, my lam, as jy knersend deur jou drome sweet of soos myne – as ek die stilte nie oorleef nie |
Roepvuur
later, toe stompe soos ou gesprekke sis en knetter en lig uitstoot, het ons eers stil gesit, jou mond en hande die ver paaie van jou oë gevolg. Toe begin jy praat oor niks, oor sommer net, asof jou keel die nag kon los beduie, en ons sirkel óm iets oud soos brood en wyn en vuur, en jy voer die vlamme los velle uit ‘n boek vol kort verhale en geskiedenis, ek skuif my woorde links en regs om die sterre te weerspreek. Toe die kole sterf het ‘n jakkals na ‘n maat geroep |