Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Travelling
  • backups 29 Sep 2022
  • Ander Maria
  • Lewe seer
  • Teerspieel
  • Pirates
  • Delinde
  • Workplace Bullying
  • Toonsettings
  • Diereverhale uit Afrika
  • Oorlopers
  • 20th IS Conference
  • Pluimwaai
  • Beeld Louw Jun 2020
  • Leespleisters
  • Alet marriage
  • confproc
  • Die hart van die jeugleier
  • Delirium
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Charl-Pierre Naudé
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • oop
  • Madie
  • My UNhappy marriage
  • inocent
  • Berging
  • Thesis P Mbua
  • Ian en VWL
  • Untitled
  • Ander Maria
  • Spirituality Loader

Werf word nog gebou

Picture
Ken die buffels dan glad geen metafisika nie ?


Haikoes

So wat is 'n haikoe?
'n Haikoe is ‘n Japannese versvorm, wat bestaan uit drie ongerymde lyne van vyf, sewe en weer vyf lettergrepe.
Of so iets . . . 
want almal stem nie saam dat die lettergrepe in tale anders as Japanees die definierende karakter van die vers is nie
Marié Heese (wat die bundel Haiku for Africa gepubliseer het, bygewerk en heruitgegee in 2014) meen dis die filosofie daaragter, en die intense belewenis en vaslegging van ’n betekenisvolle oomblik. "Die digter se oog, se waarneming, vang dan daardie moment vas. 
In ’n goeie haikoe, soos in elke goeie gedig, staan daar meer as wat direk gesê word.

’n Deel van die uitdaging is dat die leser of toehoorder nie bewus moet word van ’n stryd om aan ’n vaste vorm te voldoen nie. Dit moet net natuurlik klink".
http://unisapress.bookslive.co.za/blog/2014/07/18/mari%C3%A9-heese-gesels-oor-die-heruitgawe-van-haiku-for-africa-en-die-aard-van-die-haikoe/

Picture
In 2003 het ek 'n paar Engelse versies geskryf wat vir my Haikoe-oomblikke gehad het.  Dit was gebaseer op indrukke neergeskryf terwyl ek vir 'n ruk alleen in die Wolkberg gebly het. Ek het glad nie die lettergrepe getel nie.  In 2014 probeer ek dit toe na Arikaanse 5-7-5 haikoes verander.   
Ek vra myself nog af . . wat maak 'n vers nou eintlk 'n haikoe?  of eerder, 'n goeie haikoe
Die Engelse versies hieronder werk nog vir my beter as die Afrikaanses

Picture
Voetpad
Honde draf vooruit -
Wag uitgeput kop op poot.
Ek bepeins ‘n klip

Footpath
My dogs run ahead on the path
Then patiently wait
While I examine a stone


Hoe skryf jy ‘n Haikoe?
Maak jou oë styf toe
Gedagtes en beelde meng
Asem  haikoe uit

Making of a Haiku
Close my eyes and slowly breathe
thought and image mix
I breath out – and there it is

Veld
wind beweeg halms en
droë rooi grasveld buig en styg:
kudde impalas

Veld
the wind softly bends the stalks
the dry red grass moves:
a large herd of impala

Reëndruppel
Reëndruppel in wyn
herinner my vanaand aan
sonskyn in die druif

Raindrop
a raindrop falls in my wine
I am reminded 
of the sunshine in the grape

Slangetjie
Skielik staan ek van
‘n rots waar ek mediteer.
‘n Slang ritsel weg

Snake
I sat not thinking on a rock for an hour
Then suddenly when I stood up
A small snake glided away in the grass


Picture
Berg
Toe onder  wolke
Drentel dwaal na die bergtop
Gedempte stilte

Mountain
The mist rests on the mountain
I walk to the top
Lost in the absence of sound 

Picture
Abel’s Pool
Warm dag van draal, dink
Spoel af in yskoue poel:
Menskoor waterval

Abel's Pool 
Swimming at the end of day
in the ice cold stream
waterfall a choir of voices

Picture
Ploeg
Gras van die vallei
word littetekens van bruin.
Ver weg groet stemme

Ploughing
A tractor drones and scars the valley
Lines of brown replace the grass
Far off the sounds of voices greeting


VROEË VERSE

The Downs
1980

Picture
I 
Ek wil ‘n jas van mos aantrek
met knope van druppels water,
skoene uit die bas van ‘n kremetartboom.
Graag wou ek
‘n man wees (vir ‘n rukkie)
wat ‘n baard kan hê
onstuimig en wit soos hierdie waterval.

II 
Die aand van die koms van die hoenders was koud.
Die honde hardloop vooruit,
versterk blawwend die kakofonie van kekkelpaniek.
Mensestemme in mistige oortone -
die groot koperrooi haan laat die vangers sweet
-          offer stertvere op
maar later roer die wind sy bloubont krop
waar hy saam met sy harem skrop.

III 
Ek jaag die mis voor my uit,
ek trek dit agter my aan.
Ek is altyd in die middel van alles.
‘n Haan kraai aan die ander kant van die vallei
-          myne?
 ‘n Hadeda se klag
skeur die hemel ámper oop.
Weet my grys skemervriend nie aand is nog ver nie?

IV 
‘n Kuiergas van Ofcolaco oortree my grense.
Maand-eeue stilte skroef my kakebeen vas.
Ek het niks woorde nie.
Ek wil uithardloop teen Mamotswiri,
te voet deur die Mohlapitse,
yskoud staan onder die waterval by Abel’s Pool.
 
Veertig dae en veertig nagte
in die waterskeiding van gestolde tyd.

 V 
Die seun met die naam
Magic Rapulana
het vandag vir my ‘n OK-sak
uitgedopte pekanneute gebring.
Vars warm bokmelk -
vir ‘n oomblik ondrinkbaar soos bloed
‘n reuk van bloed
soos pasgebore hondjies.
Afgekoel, taan die herinnering
aan die geheime binnekant van die dier.
hy sê:
in Sotho is daar nie ‘n woord vir rooi nie.


Picture
Picture
Picture
VI
Jy het ‘n daggazol by my gelos
wat ek nie wou rook tóé nie -
maar later
toe die vallei se mis en daelange reën my teen die dak uitdryf
maak ek tee daarvan en sit die droesems
tussen twee helftes van ‘ n romany cream.
Ek gaan te voet op reis
tussen hoë grasse,
in versteekte voetpaadjies.
Bose boerbokke kyk hatig op uit die mis.
Hekshuise met slordige haardakke,
reuse bamboes en piesangs,
ou avokadebome en knoetsige suurlemoen,
‘n bed met ‘n hoed en ‘n kierie onder die uitspansel.

Ek ril.

Die volgende skugter skonskyndag vind ek weer die plekke.
Nog so mistiek
Nog so werkllik
Nog so afgesonder -
die paadjies soontoe verdoesel onder towerspreuk
en sonlig.

VII 
Van my voorstoep af lyk die vallei
soos ‘n Chinese waterverfskildery.
Ek sien onsigbare detail:
die blou land cruiser aan die ander kant van die bult,
die swaeltjies het teruggekom,
en die suiderkruis en Orion.
Loeries kras rooi druppels klank
uit die woud.

Die reën maak alles vertikaal.
Die huis is ‘n gesonke skip.

VIII 
In die skemer as die hadedas huis toe kom,
word die huis ‘n klankbord vir die wind.
Die huis luister
hoe die nag die takke skuur,
die plankvloer koud word.
Ek wag stil,
luister hoe die klanke hulleself in die skrik van my brein herhaal....
waak saam met die huis.
Ek is die hart van die huis.
Die huis is die klankbord van die nag.

IX 
Ek moet seker stil weggaan -
die persketakke is vol bloeisels en mos.
Rooigras is groot troppe kleinwild wat oor die heuwels jaag,
na woude waar bome al vir eeue stil is.

Gister voor die kaggel
het ons vergeet om vuur te maak,
want so,
soos die mistigheid buite
so is dit binne-in die huis as jý hier is.

Ek wil stil weggaan,

in my
net die huis met die vuur binne,
toegewolk in die mis.


Belangrike boeke
​