Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Workplace Bullying
  • Toonsettings
  • Zoezie Books
  • Diereverhale uit Afrika
  • Oorlopers
  • 20th IS Conference
  • Pluimwaai
  • Beeld Louw Jun 2020
  • Leespleisters
  • Alet marriage
  • confproc
  • Die hart van die jeugleier
  • Delirium
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • Lakie spaar water
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Kersfees op Wonderfontein
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Karlien van der Merwe
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Nini Bennett
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Lucie Moller
    • Jana Coetzee
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Charl-Pierre Naudé
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • oop
  • Madie
  • My UNhappy marriage
  • inocent
  • Berging
  • Thesis P Mbua
  • Ian en VWL
Picture
Gesie van Sonsig is die verhaal (die eerste in ’n reeks van vier) van ’n meisie wat in die “verkeerde” woon­buurt grootword en moet leer om die werklikheid in die gesig te kyk.  Engela van Rooyen toon hier weer eens dat sy besondere insig in die gemoed van ’n tiener het. Sy het al sowat dertig jeugverhale geskryf waarvan die meeste in skole voorgeskryf is of word.
A5, 113 pp, R79-00
ISBN 978-0-9814181-4-8
Picture
Selfs jong lesers wat nog nie met Gesie van Sonsig kennis gemaak het nie, sal hulle verkneukel in hierdie tweede band, Gesie maak lig. Boeiend en met humor word Gesie se ryk en vol, maar ook verwar­rende wêreld uitgebeeld deur 'n skryfster wat haar merk gemaak het met meer as dertig treffer-jeug­boeke.
A5, 105 pp, R79-00
ISBN 978-0-9814119-1-0



Picture
Vir Gesie van die arm buurt is dit 'n groot verrassing dat sy sangtalent het.  Sy hoef nie meer skuldig te voel oor sy nie in sport uitblink nie, want sy kan sing! Die skilderagtige huis Villa Musica vorm 'n opwindende agtergrond vir haar dagdrome wat gou blye vooruitsigte word. Haar verhouding met Anton kry 'n romantiese kleur, en "prins" Wilmer van die ryk woonbuurt Glendene sien haar raak ... Maar iets loop verkeerd, en dit word al hoe verkeerder, sonder dat Gesie mooi verstaan wat dit is. Daar kom verwydering, nie net tussen haar en Anton nie, maar ook tussen haar en haar huismense, skool­maats en geliefkoosde onderwyseres. 
A5, 110 pp, R79-00
ISBN 978-0-9814119-2-7

Picture
In Gesie in diep water, die vierde en hoogtepunt in die Gesie-reeks, word Gesie regtig groot, en haar wedervaringe gaan vir elke tiener iets beteken. Sy besef dat daar seuns is wat haar wil gebruik; dat 'n liefde soos haar ouers s'n, al was dit ver van vol­maak af, nooit vervang kan word nie; dat 'n kleutertjie 'n ma nodig het, al moet dit dalk die vrou wees wat lankal 'n ogie op haar stiefpa gehad het.
Die ervare skryfster Engela van Rooyen ken die kuns om 'n leser te boei, en die Gesie-reeks het dus aanhangers in elke ouderdomsgroep.
A5, 130 pp, R79-00
ISBN 978-0-9814119-3-4



Picture
Tjarie is ’n jong seun op Doornspruit, waar die rivier die dorp in twee verdeel. Hy is maar kort daar, het nog nie vriende nie, raak soms verleë en weet nog nie hoe sy lewe ook in twee gedeel gaan word nie. Daardie afgronde wat die jeug soms ken, met twyfel, vrees en soms wanhoop, loop Tjarie alles te beurt: sy sage beeld konkreet uit wat die siel mee wroeg. En die berou. Die avontuur word ’n geestesreis en ontgroening. Die rivier kan afkom, en hy kan dalk nie die vriend en vriendin van sy keuse kery nie, maar Tjarie maak telkens ’n plan. Engela van Rooyen vind die onsekerhede van 'n jong seun, wat hy manlik moet oplos.
A5, 112 pp, R79-00
ISBN 978-0-9814119-4-1

Picture
Hierdie verhale gaan oor diere wat uiters menslik – dus origens dierlik en soms dierbaar – optree. Hannah Bell het dit onthou as vertellinge uit haar kinderdae in die destydse Suid-Rhodesië. Haar ouers was daar in die sending, en die eerste taal wat sy geleer het, was Sjona. Daar is wysheid en droë geestigheid by die oorkom van praktiese struikelblokke en die verklaring van goed in die wêreld. Soos hoekom hoenders in die grond krap, ‘n vark se snoet plat is en katte by mense woon. Dan is daar die heerlike om die bos lei van mekaar, soms met soete wraak, soos Hasie en Bobbejaan wat mekaar by die ete wil uitoorlê.
A5, 55 pp, R59-00 insl. BTW.
ISBN 978-0-9814399-1-4

Picture
Engela van Rooyen se vier hoogs opvoerbare eenbedrywe, kostelik komies voorsien deeglik in die knaende behoefte aan opvoerbare Afrikaanse dramas vir skoolgebruik. Daar is verrassende ondeundheid en ratse insig in mensegedrag.
240x170 mm, 48 pp, R69-00
ISBN 978-0-9814181-3-1



                 Important books