In 1965 het ek die speurdiens verlaat, bultop beweeg na Wits. Ek het gedigte geskryf, wat o.a. in die fakulteitsblad Critique verskyn het. Peter Feldsman onthou dat hy ook 'n vers of twee van my op Stellenbosch in 'n nuwe tydskrif gepubliseer het. My kontak was Johan Coetzee, een van die Afrikaanse mense wat mekaar pouses ontmoet het; van wie party 'n toneelgeselskap begin het. Hy het 'n gedig of twee vir David Said, redakteur, gegee. Toe dit verskyn, het Van Wyk Louw wat nog nie die eerstejaars gekry het nie, vir Erns van Heerden gevra om ses verse van die persoon te kry. Ek moes dit tik, met op elke bladsy my naam en adres.
Die het toe in Standpunte 68 verskyn. Teen hierdie tyd was ek al bevriend met Reinet, die prof se dogter. Ons het toneel gespeel en haar ma het geregisseer. Een Sondagaand is ons na hulle huis in Parkview om soos later 'n instelling geword het, gedigte te lees en bespreek, 'n happie te eet en 'n wyntjie te drink.
Toe ek daar aankom, het Van Wyk Louw my na sy studeerkamer geneem. Hy wys my koerante wat verskyn het met artikels oor die Standpunte-uitgawe. Hulle verklaar: "Na Van Wyk Louw rol 'n hele bende skrywers in die seksmodder." Die persone was ene PC Schoonees en AM van Schoor, lg. glo redakteur van Die vaderland. Hulle het gespot met een van my verse in Standpunte.
Van Wyk Louw was baie ernstig en het my laat verstaan ek moenie te erg ontsteld raak oor die geskrifte nie; dis nie kritiek (letterkundige kritiek) nie, maar regse politiek. Ek het dit ingesien; ook dat die stryd lank sal voortduur teen die bekrompenheid, ook dit wat die Tydskrif vir Letterkunde sou terugvat by die Sestigers, ons verplig om die Skrywersgilde te stig, en heerlik soos in Tristia, net baie minder bekwaam!, te ironiseer.