Hoewel die Huis vir Afrikaanse poësie (hAp) gesluit is, het ons by die versklas besluit om voort te gaan met DigSange. Dit sal die vierde wees, weer soos die voriges by die Groenkloof-Ouditorium. Danksy die vriendelike beskikbaarstelling van die ouditorium deur die Universiteit van Pretoria kan ons weer dig- en sangstemme bied as lewende kunskollage. Wat ons tevore gedoen het te bate van die hAp, word nou suiwer ter will van die vers, die publiek en die saak van die taal gedoen. Daar is min plekke waar die literatuur en goeie musiek beskikbaar is. Te meer: waar dit baie goedkoop of gratis is, soos ons dit hier bedoel.
Ons wil die DigSange weer koppel aan 'n boekefees in die voorportaal, met outeurs voorhande om boeke te teken en hulle lesers te ontmoet. Ont hou dus 23 Oktober. Laat weet asb as jy belangstel of onsekere is oor iets daaroor.