Rosslyn Press Publishers
  • Tuis
  • Travelling
  • backups 29 Sep 2022
  • Ander Maria
  • Lewe seer
  • Teerspieel
  • Pirates
  • Delinde
  • Workplace Bullying
  • Toonsettings
  • Diereverhale uit Afrika
  • Oorlopers
  • 20th IS Conference
  • Pluimwaai
  • Beeld Louw Jun 2020
  • Leespleisters
  • Alet marriage
  • confproc
  • Die hart van die jeugleier
  • Delirium
  • Die agste dag
  • Agste dag laaiblad
  • Bones downloader
  • My days, my life, my Radio Bantu
  • Battlefront Cook
  • Eindbestemming Zero
  • Sound English
  • Kospotte van Egipte en Italië
  • The day I died
  • PM (hel) L
  • Sielskaal
  • What bone is that?
  • Poetry as Therapy
  • Woorde in die wind
  • Rosslyn-Pers
    • Riglyne vir skrywers
    • Authors' guidelines
    • Gedigte
    • Boeke vir jong mense
    • Gesondheid
    • Prosa
    • Essential Organics
    • Kontakpunt
  • Afrikaans en Nederlands
  • Books
    • Wellness
    • Authors
  • Taaldiens/Language Services
  • Versklas
  • Versles
    • Versles April
    • Versles Junie 2012
    • Kritiek en resensies
    • Slypsaal
    • Stemtone, versgalery
  • Ontginnings
  • Skrywers
    • Naude Kritzinger
    • Erna Jo
    • André Viljoen
    • Alet Gardner
    • Mandi Engelbrecht
    • Heidi Papodopolous
    • Rosa Smit
    • Loukie Adlem
    • Everline van Dyk
    • 3s Drost
    • Braam Smit
    • Hans Pienaar
    • Gerda Fourie
    • Abjater
    • René Bohnen
    • Bobette Smit
    • Jan du Plessis
    • Mila Swanepoel
    • Hermien Uys
    • Hennie Meyer
    • David Steyn
    • Blog
  • Hartlied
  • Erica Southey
  • Alec uploader
  • Elna van Niekerk
  • New Page
  • Rosslyn-winkel
  • Language Services
  • Genade op genade
  • Braam Smit
  • Rina Cascione
  • PM (hel) L
  • Charl-Pierre Naudé
  • Blog
  • Adalar
  • Laai Ockie
  • CV Ian Raper
  • Ian Raper verhaal
  • oop
  • Madie
  • My UNhappy marriage
  • inocent
  • Berging
  • Thesis P Mbua
  • Ian en VWL
  • Untitled
  • Ander Maria
  • Spirituality Loader

Klein grys voëltjie in die langgras
wat tik-tik kla, soos klitsgras
in die oor. Wie sal kan sê of jou getimmer
nog bruikbaar is na hierdie Winter?


Miere kan nie lineêr loop nie

Buite is dit drie-uur donker
met voëltjies wat torring aan donker se nate
Die lessenaar in sy kring van lig het ʼn strooihoedlampie op
en die man skryf waansin, sin, onsinnig tussen rookdampe om.

Metafisiese lyste kom tot sy redding: ou sigaarblikkies
wat versetklagtes opstapel;
ʼn asbak van deursigtige glas
uit ʼn tyd toe Old Mutual nog die dood kon bemark;
Breytenbach en Cussons in bruin en blou respektiewelik
langs ʼn kraaines verse op papier vasgenaai;
ʼn BlackBerry-doos en Otters van Antjie
lê onwillig gepaar
terwyl ʼn klein swart mier dwars en kruis
in sy kort ewigheid verdwaal lyk.

As mens stilstaan of selfs op ʼn klip gaan sit
sal jy nooit verdwaal lyk nie, dink hy
en hou op om rond te skuif.
Dood is net lank stilsit
op ʼn lessenaarstoel met wieletjies
in ʼn surrealistiese idioom.

Dig tent 

hAp in Capital Park 

Groen hang ʼn blaredak oor digters
se kaalkoppe wat aan takke hang
en in spatsels sonlig blink.

ʼn Geel en swart  ruspe
kruip oor Jan De Bruin se wang
en skoenlappers dra hartseer briefies rond.

Bruin potte bêre drome diep in klamgrond 
en verse ontsnap uit die skilfermure rondom.

Hoog in die takke klou onderstebo vinke,
dronk aan die lente vas.

Skoenlappers dra briefies op hulle vlerke.

Later in die klas
word alles nuut en vars
as die hout se grein met elke trek
duideliker deurskyn.

Nou kyk ek terug met gelate seer
want ʼn tent het geen fondasies nie.

Skoenlappers fladder
verward met hartseer briefies rond.

Nou, is ʼn werkwoord

 My muse is ʼn tortelduif
 met ʼn daglang loeriekuif,

wat haar groen en rooi taal vere
in grys vlerke wegsteek.

As ek haar hoor roep
waar sy tussen dennetolle wegkruip

bars woorde soos granaatkorrels
uit my skugter pienk dop oop.

Maar snags is sy raafswart;
terg sy wellus uit my heupe uit,

tot saad, met duidelike olyfsmaak,
uitstort op verse

wat geen toekoms of verlede ken nie.

Picture
Skildery sonder naam

Die stil bruin water van die Apiesrivier
vloei tussen wilgerlote en deur my.
Die weerkaatsing van man-met-hond,
kon ek wees wat hang
aan die dik binnemuur van ʼn huisie
iewers op die Franse platteland.

Maar in hierdie verspringing van plek en tyd
sou ek liewers wou kies
om verder te strek, verby
dié aardse verbinding van atome
tot waar my dofgekleurde siel
ʼn rusplek vind,
sonder wetenskap of drome.


Intravenous Plants 

know how to wait. 
They have mastered the art
of  slowing down,
no furious heart beat to distract them.

The green sap of life
flowing gently through leafy veins,
is nothing like the gushing of my blood

as I sit waiting for you.
Kango jambo

Volstruiseier
se kind is bont gespikkel
en windswael vinnig.
*
Gryp gou ʼn nuwe dop
voor hy kraak
en sy prentjies in 
my kop uitloop.
*
Snags hoor ek wolwe huil
teen Swartberg se hang
en my bloed spoeg en prut
met sy eie paringsdrang.
*
Vanaand is daar
drie in jou bed.
Jy en hy
en ek,
wat in jou kop
wegkruip.
*
Duifie
koer die hart
stukkend
en trap-trap met sy pote.
In my kop dans heel ander 
 note.
*
Jou lyf het jy weggesteek,
kiewietma se spikkeleier
waar sal ek dit vind?
*
Jou vroetelvingers
maak slapende honde wakker,
wat knaend knor en blaf.
*
Toe die son opkom
moes hy bloos
oor jy so mooi is.
*
Jou hare brand
ʼn bosvuur om jou oë
en ek skroei doodgelukkig.
*
Die wolf huil
langs die
sekelmaan
en ek voel-voel blind
om jou lekkerlyf te
vind.
*
Jou rooigeverfde tone
het wolfspoortjies
in my stof kom trap.
*
Zebra se alwyne
spat bloeddruppels teen die rant
en
bittergal in my mond.
*
Die mooinooi het getrou
en nou
moet ek
alleen gaan slaap.
*
Kango se grot
het mooi stalagtiete
en jy
ok.
*
Die merrie sonder vul
loer na die donkiehings
se tril.
*
Hoe waai die wind
vandag so bitter skraal?
Swartberg se witkop
het my ingehaal.
*
As ek vir jou ʼn ring koop
sal dit silwer wees
met ʼn groen steen
binne in.
*
Jou lyf het toegegroei.
Die Karoobossies staan geil.
Maar my blink lem skoffel pik
ken sy werk.
*
Doudruppel dagbreek
steek ek jou leivoor oop
met hierdie graaf se skerp punt.
*
Die langkop man se huis het
vier kamers in
en my hart net een.
*
Wie weet waar luislang
sy spoeg bêre.
Gooi weg die dikmelk-kalbas.
*
Die klein
blommetjie

agter die swart klip
het weer vandag
die mooiste kleur.
*
Warmwater van die Spa se oog
los my hoog en droog
met
rimpels op my vel.
*
Die langpad van hier tot daar
word sommerso
ʼn kortpad.
*
Ou lyster op sy klip
kan niks hoor wat jy sê nie;
hy’t sy fluitjie ingesluk.
Herhalende somer

Uiteraard het nie veel verander nie:
daar wag steeds ʼn blou trui in sy hangkas
vir jakkalsdae van onverwagse koue
en ʼn skilferkors tert in die yskas
in sublimasie van knaende honger.

Hy onthou dat dit laasjaar net so was
en besef hy het onwillig aangepas.
Maar hy droom nou snags in sonderlinge kleure
en ruik Jungiaans ontstellende geure.
Dit bekommer hom dat die son se strale pers skyn. 

Reflektief

Soos Van Wouw wou ek ʼn beeld
van jou skep, bakhand vol water
wat tussen vingers uit lek.

Geen marmer of klip,
net pêrels lig wat drup
elke keer as ek aan jou dink.

Ungarnished

Sy los  altyd die paar slaaiblare wat hulle saamgee
op die bord agter, seker dit word recycle en sy
soek nie ander mense se weggooigoed nie.
nou die dag het sy die koppie met die rooilipstieksoen  op teruggestuur kombuis toe;
die  bestuurder moes bontstaan met verduidelik.
Sy dra ook nooit tweedehandse klere nie
maar die man in haar bed het oor die jare
drie stelle trouringe versamel,
om nie eens van die laybyes te praat nie.

On a winter's day

Pretoria has no charm today,
all is cold, too old and gray,
dead mould lingering
under dusty eaves and clinging
to the branches, spectral shapes.

There are no homes, it seems,
in this city of birds
just the fluttering wings
of unspoken words.

But like a tree, I long
for an acre of deep soil
where the hollow  tubes of my need
can root down
through wholesome darkness
to  steady  me
against the aching flight of light.
Aandoffer

In die donker vanaand wil ek
een wit kers opsteek;

ʼn bad vol warm water tap,
met erotiese soute louter
en dan die prop uittrek.

Ek gaan Nerudaverse
in Spaans voorlees
en dan die boek hard toeklap;

vanielje geur aan my lakens spuit;
ʼn kappertjieblaar
op my kopkussing neerlê

en aan jou dink.
Te laat

Moet nooit teruggaan
na waar geluk bloot tydelik was nie
want skurwe paddas spring
uit onverwagse plekke uit.

Jy sal onthou hoekom 
die berge blou lê
en die see
na trane proe.

Die tweedehandse boekwinkel in die binnehof
van Look Out Centre was jou re-hab
waar ontvlugting vrylik
op rakke rondgele het.

Die koffie-bistro’s is die ergste
want nuwe eienaars toon geen respek
vir stokou rituele nie.
Jou tafel dra ʼn vreemde gesig.

Ja alles is anders
selfs die vratte wat 
op jou vatterige hande blom. 

Oggendgebed

Sy kop sak al laer af oor sy bors
as hy tone roer in oop sandale;
duwweltjies wat aan die sole klou.
    

So skilfer ook hierdie dag los
van sy donker ewe-knie.
Oor vaalbos en maroelalaagtes
blink stofdeeltjies in die eerste skyn.
Agter in die houtstoof-kombuis
rinkel koppies, maal troosgeur

uit rooibruin boontjies

wat van Kilimanjaro af stam.

Die ou man sak dieper weg
in los gedagtes oor wat was
en wat kom,

tot ʼn bosfisant die stilte oopskree;
die hond sy ore lig en diep grom
op ʼn plaas in Afrika

waar soetdoringhars uit die bas skeur
en roesbruin op die grond drup.

Bonfire of the Vanities  
                                                       

Die son is ʼn harige skyf
wat katarakte voor my oë hang.
In die donker knipoog sterre
waanhopig soos uitgebrande hoere
voor blou vensterrame.


Die maan?
Die is bloot lankal leeggebloei;
bleeksiellig van alleengeit.


En ek is gatvol vir die see
wat net weet
van  vra en gee.

Alewig vervelig.

Die berge van digters en psalmskrywers
is deur een merske trein-mol opgestoot
(onder draai die duiwel)
en skattige babas en blommetjies
steek een voet in die graf
as die sker aan die stringel proe.


Daarom loop ek met my koevoet,
balaclava, flits en skerp mes
om hierdie fokken aarde kaal te stroop
van elke uitgedinkte, romantiese beeld.


Maar dalk sal ek ʼn bietjie water
in die wit emaljeskottel los
sodat jou weerkaatsing,
as jy vooroor buk,


Die lugwaardin is moeg gewag

Toe sy gisteraand by die huis kom
was die spens leeg
die bed koud
en haar lyf traag om hitte te soek.

Hoe maklik word mense met lepels gebore
wat geel soos staanpis
teen buitelatriene-mure,
agter spierwit tande vassit.

Onder in ʼn tregtergat
lê die mierleeu sandverwikkeld
met geduldige instink en wag
op elke dag se spys en drank.
Ten minste stink sy asem nie.

Maar nou kan geen gebed haar 
teen die waansin van wit lakens weer nie;
is alles koud en strak soos katelkante
wat kranse om haar val.
In die kat se geel oë sien sy haarself
en ruik die alleen.

Chronologies gesproke

Die dag het per abuis
te vinnig afgeloop.
Nagte, nou lewenslank,
laat die wekker op sy as stol
en voëltjies inderhaas
aand en oggendklanke ruil.

Kan dit wees dat hierdie jaar
aspris so moes versluier;
heel onvanpas
te kort te word
om alles wat ek nog wou sê,
met dade in te pas?

Parallaks

Toe die son later,

moeg van sy heeloggend steil klim

na die warm kruin van middag toe

en weer die langpad af

na die asemskep van skemer,

eindelik sug en wegsink in sy swart kooi

word ek oor aktief bewus

van skarrelende naggeluide:

klein diertjies wat op droë takkies trap

en knaag aan selftevredenheid.

In die lig van die son


Hierdie kort dae van afgebeitelde geluk

en hulpeloosheid, sal in die tyd wat vir my oorbly

weer klink, sodat klipskerwe wat orals rondlê

telkens die soekende straal van vuurslag mag vind

om heliogram boodskappe na more te sein.


Teelkragtig

Hierdie god van hom is Papier:

die hart van ʼn boom

wat kop en skouer bo die ander getoring het,

soos Saul.

Haar god is ʼn groot god

wat net met wierook en woorde aanbid mag word.

Die digter is tweeslagtig soos avokado’s

wat van haar man maak bedags

en saans is hy weer vrou,

want die intellek is diepgroen

en versteek geheime van geslag

soos altare

waar mens kaalvoet moet verbyloop.

Reinwit is die godelyf, sonder verweer

teen die falliese simbool

wat saad swart uitstort

en nog gode suggereer.

Belangrike boeke
​