Wat is kritiek?
Daar was al uitsprake waarvolgens alles wat oor "die literatuur" uitgespreek word, alle "uitsprake" daaroor, dus, literêre kritiek is. Dat daar taalkundige, moraliserende, politieke en ander soorte uitsprake is, laat die genoemde uitsprake al minder literêr lyk. Party kritiek wil boeke verkoop, bv. resensies; ander wil politieke saak stel. As 'n teks al meer objektief, as objek, beskou word, veral met evaluering as literêre kuns, het mens al meer onbevange kritiek. Rialette Wiehahn se proefskrif met die gepubliseerde titel Die Afrikaanse poësiekritiek onderskei tussen verskillende soorte kritiek: sinteties, geneties, impressionisties, ens. Van Wyk Louw waarsku teen soort- en stofoordeel, en teen die ryme van logici. |
Die VOK
Die Vereniging vir ordentlike kritiek is ligsinnig gestig om te sorg dat kritiek literêr is. Oor smaak val daar nie te redeneer nie (de gustibus non discutandem); oor smaakloosheid ook nie. Maar ons streef na `n oordeel gestroop van al die korrupsie van sentiment . Keurders en kritici (party)
Kla dat die gedigte in 'n bundel nie ewe lank is nie. Besluit dat die voorgenome bundeltitel Vuurproewe Bybels is (die HAT sê tereg dis middeleeuse hekse-oordeel). Maan dat afkapvorme soos "sy’t" nie gebruik moet word nie. Al begin Elisabeth Eybers se "Sisteem" so! Eis dat die "ontdane" oral en altyd eerbiedig word, want "less is more". Predik dus 'n modelteks; soort- en stofoordeel. Is verbaas dat die uitgewer aan so ’n digter (Rosa Smit) soveel bladsye afstaan, wat so lank laas gebundel het en wie se tweede bundel dit maar is. Sluit haar gedigte sommer aan by Olga Kirsch s'n omdat dit in Israel afspeel of iets oor die land kwytraak. Skakel vanweë die lywigheid van die bundel dit sommer met Marlise Joubert s'n. Beweer 'n bundel ly aan dieselfde oormaat persoonlike besonderhede as Ted Hughes se Birthday Letters, wat mense waarskynlik net koop en lees vir die insae in sy huwelik met Sylvia Plath. Beweer blou-apies kan nie as "onthuts"beskryf word nie. (Net spesifiekes maak so.) |
Resensies in koerante en ander openbare media is sekerlik nie kritiek in streng akademiese sin soos wat tipies in 'n literêre tydskrif (gedruk of op die web) voorkom nie. Maar mens sal darem verwag dat die beginsels van die strenge op die populêre sal geld, nes die rugbyspelers in 'n onder 15-span ook nie mag vuisslaan of onkant gaan nie. Soos jy sal verwag dat alle taalonderrig in ooreenstemming sal wees met die linguistiek se insigte na eeue se navorsing na die wese en verskynsels van taal.
Die keuring van manuskripte vir uitgewers is dikwels anoniem. Dit kan goeie kritiek wees; is ongelukkig dikwels nie.
Die keuring van manuskripte vir uitgewers is dikwels anoniem. Dit kan goeie kritiek wees; is ongelukkig dikwels nie.