|
How can we tell the dancer from the dance? (Yeats)
|
Dis vir enige uitgewer 'n voorreg om 'n bundel soos Karlien van der Merwe se Lien in Wonderland te kan publiseer. Vir mense wat graag soortlikheid aan kunswerke toedig, sal "magiese realisme" dalk deug. Maar is vrese, verbeelding, trouma, wense alles magies, veral so verweef met die geure van plekke en stemmings?
Hierdie gesamentlike digbundel van Jaco Erasmus en Petro van der Westhuizen het ‘n dinamiese uitleg en sfeerfoto’s. Daar is felheid in gedigte teen oorlog, oor Dali se droom, en gevoelvolle stemmings en versugtings. Die titel doen verskeie vorme van skoonheid en vreugde gestand.
A5, 66 pp, R75-00 Die bundel is by DigSange (Groenkloof-Ouditorium) in Maart 2011 aangekondig. ISBN 978-0-9869774-9-7 BESOEK DIE VAN WYK LOUW-WERF: KLIK OP HIERDIE FOTO OF DIE KNOPPIE DAARONDER.
|
Karlien van der Merwe se eerste digbundel volg flink op haar opspraakwekkende roman Lucas. Dis ’n keurige werk met uitsonderlike durf, afdrukke van skilderye en uitleg deur die kunstenaar Anne Archer, van wie ‘n skildery ook gebruik is vir die voorblad. Gedigte en kortverhale in Afrikaans en ook in Engels bestryk dramatiese plaaslike en ook eksotiese milieus. Stil stemme lei deur die liefde en gevare.
A5, 72 pp, R79-00 ISBN 978-0-9869774-6-6 |
Mandi Engelbrecht se gedigte is al in die tweeluik Mosaïek en op die CD-bloemlesing Klikspringer opgeneem, en is met ’n prys van die Woordgilde bekroon. Sy was ook een van die finaliste in die eerste Woes-digkompetisie. Dis asof die eerste tentatiewe publikasies vinger- en stemoefening was vir Speel vir tyd, wat self nie basuin nie, maar begin met ’n “miskien”, en in “skakerings van grys” die gebiede en fases van die liefde, vrees en gelowigheid betree.
A5, 60 pp, R69-00. ISBN 978-0-9814181-9-3 |
Hierdie boek steek o.a. die draak met taalteoriste terwyl dit hulde bring aan voortreflike sigare en die juiste woord in die wondervloei van Afrikaans. Dis gerym, en in kwatryne met kruisrym (abab), maar gepas by die rympatroon word dit stroom en kabbeling van sintaksis, sinspeling en sieding. So word sinne in die kwatryne ingebed:
In plaas van stoere Nederlands/ kom uit ’n boere-Afrikaans. Die les/ wat hier te lere is, is dat die lans/ van koppeltekens voor ’n eienaam/ die vloei versteur en haper aan die draaie/ wat ligvoetdenke maak. A5, 55 pp, R69-00. ISBN 978-0-9814119-8-9 |
Hannes Coetzee se enigste bundel gedigte reik, soos sy romans en kortverhale, ook terug tot die lewe in die kronlkelwêreld van die wildernis, jagveld en landbougebiede van Namibië. Dis ’n tog van baie liefde en sterk geloof, met volksgedigte uit ’n romantiese sfeer en met ’n pynlike onmiddellikheid van intense gevoel, vir die land en sy mense. Deurgaans is die blymoedigheid opvallend.
A5, 96 pp, R69-00 ISBN 978-0-0204245-6-1 |
|
Saamgestel deur Ian Raper. Opnames deur Jan du Plessis. Klikspringer is die oorspronklike e-bloemlesing wat reeds in 2005 die tekse en klankvoorlesings van 30 digters gebring het. 'n Klik van die muis op die titel van 'n vers laat die digter self voorlees. Inhoudsopgawes per versameling en per digter. Kleurfotos en oor die 500 bladsye.
Nuwe digbundels in die herfs
|