parallel van die dood
onbeheerste woede in skakerings van oranje;
verdere puin gelewer deur grys en wit.
blitsig, genadeloos volg die dood;
soos wolke jou hellings na die mensdom toe kook.
net ‘n knal en rook verklap die werklike dief,
finale sluipmoordenaar – ‘n dodelike golf.
o magtige vulkaan – hoe ek die parallel trek;
tussen jou en die mense 'n geheimsinnige plek
onbeheerste woede terwyl die vuiste klap
teen ‘n liggaam wat skielik knak.
blitsig, genadeloos – ‘n pyl uit ‘n boog;
tref die koeël ‘n onskuldige lewensoog.
hoe dwaas is jou sinnelose moord?
more is jy die slagoffer
van ‘n vulkaniese dood.

een dimensionele sot
een dimensionele sot.
jy dien jou plastiek en papier god.
die luukse motor in jou oog;
is ‘n splintergat in die planeet.
jou planeet skeur en vou;
met elke selfsugtige hou.
van jou dubbele standaard kolf;
gemaak uit hout, brons en goud
ek beskou jou lot vanuit ‘n ander ruim
my multi visie wyd en diep
ek sien deur die kosmiese lens
hoe vining jy sink en kwyn
een dimensionele sot
in die laaste oomblike van jou lot
waar nou - is jou plastiek-papier god?
een dimensionele sot.
jy dien jou plastiek en papier god.
die luukse motor in jou oog;
is ‘n splintergat in die planeet.
jou planeet skeur en vou;
met elke selfsugtige hou.
van jou dubbele standaard kolf;
gemaak uit hout, brons en goud
ek beskou jou lot vanuit ‘n ander ruim
my multi visie wyd en diep
ek sien deur die kosmiese lens
hoe vining jy sink en kwyn
een dimensionele sot
in die laaste oomblike van jou lot
waar nou - is jou plastiek-papier god?