Dis 'n baie gelade woord, maar as jy dit ondersoek, het dit geweldig uiteenlopende betekenisse. Onlangs het ek in 'n gesprek gevind dat mense nie die kuns (spesifiek die literatuur) as deel van hulle kultuur wou anvaar nie. Moedertaal wel; godsdiens bepaald. Daar is volgens hulle 'n Afrikaner-kultuur, wat niks hoef uit te waai met skilders, beeldhouers, digters, romanskrywers en ander (spesifiek kontemporêre) kunstenaars se werk nie. Dit skyn asof hulle nie dink iemand soos Antjie Krog is belangrik binne die Afrikaner-kultuur nie. Ek publiseer op die oomblik 'n boek oor 'n Afrikaanse soldaat in die Tweede Wêreldoorlog. Hy is die verteller en 'n merkwaardige persoon: prakties, geestig, moedig. Hy het uit 'n krygsgevangenekamp ontsnap en by die Italiaanse versetsbeweging aangesluit, die Partisani. Watter rol speel ons deelname aan die oorlog in begrippe van die Afrikaanse kultuur: Dan Pienaar, Pierre van Ryneveld, Uys Krige, Jan Smuts, Danie Craven?
|
SkrywersEk en Engela bedryf die werf en maak die boeke. Argief
November 2015
Rakke |